Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/9 Augustus
9 Augustus: Internasionale dag van die wêreld se inheemse volke; Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika (1956).
- 378 – 'n Groot Romeinse leër onder leiding van keiser Valens word deur die Wesgote in die Slag van Adrianopel vernietig.
- 1173 – Die hoeksteen van die Skewe Toring van Pisa word gelê.
- 1902 – Edward VII word gekroon as koning van die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje en Ierland.
- 1945 – Die atoombom Fat Man word deur die Amerikaanse Gewapende Magte bo Nagasaki, Japan, ontplof.
- 1975 – Die Russiese komponis Dmitri Sjostakowitsj sterf aan longkanker.