Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/9 Junie
- 1534 – Jacques Cartier word die eerste Europeër wat die Sint-Laurensrivier ontdek.
- 1752 – Die Deense skip Kroonprinses van Denemarke strand by Mosselbaai in die Kaapkolonie.
- 1815 – Luxemburg verkry by die Kongres van Wene soewereiniteit binne die Duitse Bond.
- 1983 – Margaret Thatcher se Konserwatiewe Party wen met 'n oorweldigende meerderheid om haar 'n tweede termyn as Eerste Minster van die Verenigde Koninkryk te verseker.
- 1990 – 28 gevangenes word op Robbeneiland vrygelaat kragtens 'n aankondiging in die parlement deur staatspresident F.W. de Klerk.