William Small-Smith
William Small-Smith (gebore op 31 Maart 1992 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler, wat tans vir die Blou Bulle speel.[1]
| |||||
Volle naam | William Thomas Small-Smith | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 31 Maart 1992 | ||||
Geboorteplek | Johannesburg, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,84 m | ||||
Massa | 90 kg | ||||
Skool | Grey-kollege | ||||
Universiteit | Universiteit van Pretoria | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Senter | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013- | UP-Tuks | 5 | (0) | ||
korrek soos op 12 Julie 2014. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2011- | Blou Bulle | 10 | (25) | ||
korrek soos op 12 Julie 2014. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2014 | Bulls | 7 | (5) | ||
korrek soos op 12 Julie 2014. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2012 | SA onder-20 | 3 | (10) | ||
Nasionale Sewesspan | |||||
Jare | Land | Toernooie | |||
2011-12 | Suid-Afrika |
Jeugvlak
wysigHy het die onder-13 Goue Leeus by die 2005 Cravenweek verteenwoordig. Hy is toe na Grey-kollege in Bloemfontein, waar hy die Vrystaat verteenwoordig het op o.16- en o.18-vlak tussen 2008 en 2010.
Blou Bulle
wysigIn 2011 sluit hy aan by die Blou Bulle en maak sy buiging in die 2011 Vodacombeker-wedstryd teen die Vrystaat Cheetahs.[2] Hy speel ook 'n verdere veertien keer vir die o.19-span in die seisoen.
Sewes- en Juniorwêreldkampioenskappe
wysigAan die einde van 2011 is hy egter ingesluit in die SA Sewesspan vir drie bene van die 2011-12 IRR Wêreldreeks. Hy het die seëvierende SA o.20-span in die 2012 IRR Juniorwêreldbeker verteenwoordig.
Varsity Cup
wysigSmall-Smith verteenwoordig ook UP-Tuks in 2013,[3] maar doen 'n besering op voor die eindstryd teen die Maties.
Verwysings
wysig- ↑ "Player Profile William Small-Smith". South African Rugby Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2015. Besoek op 10 April 2013.
- ↑ "Toyota Free State Cheetahs vs Vodacom Blue Bulls". South African Rugby Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2014. Besoek op 10 April 2013.
- ↑ "2013 UP-Tuks Varsity Cup squad". South African Rugby Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2013. Besoek op 10 April 2013.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |