Wouter Wessels
Wouter Wynand Wessels (gebore 18 Maart 1985) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat die Vryheidsfront Plus in die Nasionale Vergadering (parlement) verteenwoordig. Wessels het die voormalige leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Pieter Mulder, se setel in die parlement oorgeneem na Mulder se uittrede.[1] Wessels was tussen 2009 en 2014 werksaam as Mulder se persoonlike sekretaris.[1] Wessels was getroud met Tammy Wessels, wat ook 'n lid van die Nasionale Vergadering is, waar sy die Vryheidsfront Plus verteenwoordig.[2]
Wouter Wessels | |
Lid van die Nasionale Vergadering
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 1 Desember 2017 | |
Lid van die Vrystaatse provinsiale wetgewer
| |
---|---|
Ampstermyn 21 Mei 2014 – 2017 | |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Wouter Wynand Wessels 18 Maart 1985 |
Politieke party | Vryheidsfront Plus |
Alma mater | Universiteit van die Vrystaat |
Vroeë lewe
wysigWessels word groot in Oos-Londen in die Oos-Kaap, Suid-Afrika en matrikuleer aan die Hoërskool Grens. Hy studeer aan die Universiteit van die Vrystaat, waar hy sy politieke loopbaan begin deur as kampusleier van die Vryheidsfront Plus te dien.[1]
Loopbaan
wysigWessels sluit na sy universiteitstudie by die Vryheidsfront Plus as werknemer aan.[1] Hy dien tussen 2009 en 2014 as privaatsekretaris vir partyleier Pieter Mulder, toe Mulder adjunkminister in die kabinet van Jacob Zuma was.[1]
Politieke standpunte
wysigWessels is ten gunste van moedertaalonderrig en is gekant teen regstellende aksie.[1]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 "Wouter Wessels wil met integriteit ʼn verskil maak". Maroela Media. 27 Februarie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op 29 Augustus 2018.
- ↑ "Wouter Wessels MP and his spouse robbed at their home". politicsweb (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2020. Besoek op 29 Augustus 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wouter Wessels op People's Assembly
- Wouter Wessels op Twitter