Wu Shuang Pu
Wu Shuang Pu (Mandaryn-Chinees: 無雙譜; Afrikaans: Boek van ongeëwenaarde helde) is 'n houtsneeboek, uit die 33ste jaar van keiser Kangxi (1694).[1]
Wu Shuang Pu | ||
Name (taalvariante) | ||
Tradisionele Chinees | 無雙譜 | |
Vereenvoudigde Chinees | 无双谱 | |
Pinyin | Wú Shuāng Pǔ | |
Kantonees | Mou4 Soeng1 Pou2 |
Die boek bevat die biografieë en fiktiewe portrette van 40 merkwaardige Chinese van die Han-dinastie tot die Song-dinastie, met 'n inleiding en 'n verwante gedig in yuefu-styl. Die skilderye vir die boek het wyd versprei en hergebruik geraak en is veral op Chinese porselein aangewend, hierdie Chinese porselein word WuShuangPu-porselein genoem en is baie gewild onder versamelaars.[2]
Die oorspronklike boek het 'n seël van Nanling, daarom word die boek ook Nanling Wu Shuang Pu genoem. 'n herdruk van hierdie boek uit 1699 word bewaar in die Nasionale Museum van Volksrepubliek van China. Op 5 Januarie 2006 is 'n oorspronklike handgeverfde boek vir 2,86 miljoen CNY verkoop, oor 6,5 miljoen ZAR.
Die skilder van Wu Shuang Pu is Jin Shi (金 史, omstreeks 1625–1695), beter bekend as Jin Guliang (金 古 良); pinyin: Jīn Gǔ Liáng. Hy is gebore tydens die bewind van keiser Tianqi in Shaoxing, in die Zhejiang provinsie, en het gesterf in die Kangxi tydperk op ongeveer 70 jaar oud. Jin ontwikkel die boek saam met die Zhu Gui (朱 圭). Jin Guliang het in sy boek geskryf dat die helde in die boek geen parallel het nie, Wu (geen) Shuang (parallel) Pu (boek), daardie helde is ongeëwenaard.
Skakels na sommige bios
wysigHeruitgawes (in Chinees)
wysig- (zh) Jin, Guliang, Wu shuang pu. Hebei, gewilde uitgewery, Shijiazhuang, China (1996). ISBN 7531008157.
- (zh) Jin, Guliang, Wu shuang pu. Anhui, gewilde uitgewery, Hefei, China (2013). ISBN 7212060542.
Verwysings
wysig- ↑ "Wushuang Pu". St John's College. Besoek op 16 November 2021.
- ↑ "清晚期"无双谱"40个人物瓷器赏析". Zhou, Yuhong (in Chinees). baijiahao.baidu.com. ISSN 1005-894X. Besoek op 27 November 2021.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wu Shuang Pu.