Xhosa-kalender
Die Xhosa-kalender (Xhosa: Ikhalenda yesiXhosa) is die tradisionele kalender wat deur die Xhosas in Suid-Afrika gebruik word.
Maandname
wysigDie tradisionele maandname is afgelei van plante of blomme wat groei of seisoenale veranderinge wat op 'n gegewe tyd van die jaar plaasvind. Die Xhosa-maande van die jaar is poëties genoem na sterre en seisoenale plante in Suider-Afrika. Die Xhosa-jaar begin tradisioneel in Juniemaand en eindig in Meimaand, toe Canopus, die helderste ster in die Suidelike Halfrond, die oestyd aangedui het. In stedelike gebiede word vandag die verengelsde weergawes van die maande gebruik, veral deur jonger mense. Veral in die landelike gebiede van die Oos-Kaap word die ou name nog steeds gebruik.
Afrikaans | Xhosa | Betekenis |
---|---|---|
Januarie | eyoMqungu | maand van die Tambukigras |
Februarie | eyoMdumba | maand van die groeiende graan |
Maart | eyoKwindla | maand van die eerste vrugte |
April | uTshazimpunzi | maand van die kwynende pampoene |
Mei | uCanzibe | maand van Canopus |
Junie | eyeSilimela | maand van die Plejades |
Julie | eyeKhala / eyeNtlaba | maand van die aloes |
Augustus | eyeThupha | maand van die knoppe |
September | eyoMsintsi | maand van die Kuskoraalboom |
Oktober | eyeDwarha | maand van die waterlelie |
November | eyeNkanga | maand van die klein geel madeliefie |
Desember | eyoMnga | maand van die Acaciaboom |
Weekdae
wysig- Sondag – iCawa
- Mandag – uMvulo
- Dinsdag – uLwesibini
- Woensdag – uLwesithathu
- Donderdag – uLwesine
- Vrydag – uLwesihlanu
- Saterdag – uMgqibelo
Seisoene
wysigSien ook
wysigBronne
wysig- (en) Kirsch et al., Clicking with Xhosa, David Phillip Publishers, Kaapstad, 2001, bl. 43v.