1968 Suid-Afrikaanse Grand Prix
Die 1968 Formule Een Suid-Afrikaanse Grand Prix het op 1 Januarie 1968 op die Kyalami Grand Prix-renbaan naby Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind. Die ren was amptelik die Tweede AA Suid-Afrikaanse Grand Prix genoem. Dit was die eerste wedren van die 1968-Wêreldkampioenskapseisoen vir bestuurders en die Internasionale Beker vir Formule Een-vervaardigers in 1968.
Wedrengegewens | ||
---|---|---|
Wedren 1 van 12 in die 1968 Formule Een-seisoen | ||
Kyalami Grand Prix-renbaan (1967–1985) | ||
Datum | 1 Januarie 1968 | |
Amptelike naam | Tweede AA Suid-Afrikaanse Grand Prix | |
Plek | Kyalami, Midrand Transvaal, Suid-Afrika | |
Baan | Permanente renfasiliteit 4.104 km (2.550 mi) | |
Afstand | 80 rondtes, 328.320 km (204.009 mi) | |
Weer | Baie warm, droog | |
Voorste wegspringplek | ||
Bestuurder | Jim Clark | Lotus-Ford |
Tyd | 1:21.6 | |
Vinnigste rondte | ||
Bestuurder | Jim Clark | Lotus-Ford |
Tyd | 1:23.7 op rondte 73 | |
Podiumplekke | ||
Eerste | Jim Clark | Lotus-Ford |
Tweede | Graham Hill | Lotus-Ford |
Derde | Jochen Rindt | Brabham-Repco |
Die wedren van 80 rondtes is deur die tweemalige wêreldkampioen vir jaers en die 1965 Indianapolis 500-wenner, Jim Clark, met 'n Lotus-Ford gewen, nadat hy in die voorste plek weggespring het.[1] Die ren was nie net die laaste Formule Een-ren wat Clark gewen het nie, maar ook die laaste waarin hy ooit deelgeneem het, weens sy noodlottige ongeluk op die Hockenheimring in Duitsland drie maande later.
Tydens hierdie wedren het Team Gunston die eerste Formule Een-span geword om hul motors in hul borg se kleure te verf, toe hulle vir John Love 'n privaat Brabham en 'n LDS vir Sam Tingle ingeskryf het.
Renuitslag
wysigPos | No | Bestuurder | Span | Rondtes | Tyd | Rooster | Punte |
---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | 4 | Jim Clark | Lotus-Ford | 80 | 1:53:56.6 | 1 | 9 |
2 | 5 | Graham Hill | Lotus-Ford | 80 | + 25.3 | 2 | 6 |
3 | 3 | Jochen Rindt | Brabham-Repco | 80 | + 30.4 | 4 | 4 |
4 | 8 | Chris Amon | Ferrari | 78 | + 2 rondes | 8 | 3 |
5 | 1 | Denny Hulme | McLaren-BRM | 78 | + 2 rondes | 9 | 2 |
6 | 21 | Jean-Pierre Beltoise | Matra-Ford | 77 | + 3 rondes | 18 | 1 |
7 | 19 | Jo Siffert | Cooper-Maserati | 77 | + 3 rondes | 16 | |
8 | 7 | John Surtees | Honda | 75 | + 5 rondes | 6 | |
9 | 17 | John Love | Brabham-Repco | 75 | + 5 rondes | 17 | |
NC | 23 | Jackie Pretorius | Brabham-Climax | 71 | Nie geklassifiseer | 23 | |
NF | 6 | Dan Gurney | Eagle-Weslake | 58 | Olielek | 12 | |
NF | 9 | Jacky Ickx | Ferrari | 51 | Olielek | 11 | |
NF | 20 | Jo Bonnier | Cooper-Maserati | 46 | Oorverhitting | 19 | |
NF | 16 | Jackie Stewart | Matra-Ford | 43 | Enjin | 3 | |
NF | 18 | Sam Tingle | LDS-Repco | 35 | Oorverhitting | 22 | |
NF | 25 | Basil van Rooyen | Cooper-Climax | 22 | Enjin | 20 | |
NF | 11 | Pedro Rodriguez | BRM | 20 | Brandstofstelsel | 10 | |
NF | 2 | Jack Brabham | Brabham-Repco | 16 | Enjin | 5 | |
NF | 10 | Andrea de Adamich | Ferrari | 13 | Ongeluk | 7 | |
NF | 12 | Mike Spence | BRM | 7 | Brandstofstelsel | 13 | |
NF | 14 | Brian Redman | Cooper-Maserati | 4 | Olielek | 21 | |
NF | 22 | Dave Charlton | Brabham-Repco | 3 | Ewenaar | 14 | |
NF | 15 | Ludovico Scarfiotti | Cooper-BRM | 2 | Waterpyp | 15 |
Verwysings
wysig- ↑ Lang, Mike (1982). Grand Prix! Vol 2. Haynes Publishing Group. pp. 60–61. ISBN 0-85429-321-3.