27ste eeu v.C.
eeu
(Aangestuur vanaf 2659 v.C.)
Gebeure
wysigEgipte
wysig- 2700-2660 v.C.: Die Vroegdinastiese tydperk eindig in Antieke Egipte. Dit sluit die 1ste en die 2de Dinastie in.
- Omstreeks 2700 v.C.: Die begin van die Ou Ryk in Antieke Egipte (die 3de tot die 6de Dinastie).
- 2686 v.C.: Die einde van die 2de Dinastie en die begin van die 3de Dinastie. Farao Chasechemwy sterf. Sanachte begin regeer.
- Omstreeks 2681–2662 v.C.: Die bewind van Djoser van die 3de Dinastie.
- 2668 v.C.: Farao Sanachte sterf.
- Omstreeks 2667 v.C.: Djoser begin regeer (’n ander datum is 2681 v.C.).
- Omstreeks 2648 v.C.: Djoser sterf (’n ander datum is 2662 v.C.).
- 2630–2611 v.C.: Imhotep, hofmeester van Egipte, bou die Piramide van Djoser.
- 2613 v.C.: Einde van die 3de Dinastie en die begin van die 4de Dinastie. Farao Hoeni sterf en Snofroe begin regeer.
- Omstreeks 2613–2494 v.C.: Die Groot Sfinks by Giza word gebou.
- Omstreeks 2601–2515 v.C.: Die Groot Piramides by Giza word gebou vir Menkaoere, Chafra en Cheops.
China
wysig- Omstreeks 2697 v.C.: Die Geel Keiser begin in China regeer.
- Omstreeks 2640 v.C.: Die begin van die verbouing en weef van sy as ’n streng bewaarde geheim.
Ander
wysig- 2627–2000 v.C.: Die bou van die Caral-metropolis in Peru.
- 2600 v.C.: Die Harappan-fase van die Indusvallei-beskawing begin.
- 2600 v.C.: Die einde van die Vroeë Dinastie II en die begin van die Vroeë Dinastie IIIa in Mesopotamië.
- 2900–2334 v.C.: Die Mesopotamiese oorloë van die Vroeë Dinastie.
Belangrike mense
wysig- Djoser, farao van Antieke Egipte se 3de Dinastie.
- Imhotep, Egiptiese hofmeester en argitek.