67ste Oscar-toekenningsaand
Die 67ste Oscar-toekenningsaand is op 27 Maart 1995 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Los Angeles gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 1994. Die aanbieder was David Letterman.
67ste Oscar-toekenningsaand
| ||
Datum | 27 Maart 1995 | |
Plek | Shrine Auditorium, Los Angeles | |
Aanbieder | David Letterman | |
Pryse & benoemings | ||
Beste rolprent | Forrest Gump | |
Meeste pryse | Forrest Gump (6) | |
Meeste benoemings | Forrest Gump (13) |
Die seremonie word dalk die beste onthou om sy aanbieder. Letterman is deur sommige beskou as anders maar goed; die meeste resensente het egter sy optrede as uiters swak beskryf en die hoop uitgespreek dat hy nooit weer die Oscars aanbied nie. Die negatiewe reaksie was hoofsaaklik weens Letterman se absurde soort humor.
Forrest Gump het die aand oorheers met 13 benoemings, waarvan dit ses gewen het – onder meer die tweede agtereenvolgende Oscar vir Tom Hanks vir beste akteur. Hanks was net die tweede persoon wat twee jaar agtereenvolgens in dié kategorie gewen het (die eerste was Spencer Tracy).
’n Dokumentêre prent is amper dié jaar as beste rolprent benoem. ’n Spesiale komitee stem vir die beste dokumentêr. Hoop Dreams het nie hul kortlys gehaal nie, hoewel dit op meer top-10-lyste van resensente was as enige ander fliek, insluitende Forrest Gump, The Shawshank Redemption en Pulp Fiction. Baie vooraanstaande resensente het ’n beroep op lede van die Academy gedoen om die dokumentêr as beste rolprent te benoem, iets wat nog nooit gebeur het nie. Hul poging het egter nie geslaag nie; Hoop Dreams is wel vir beste rolprentredigering benoem, een van die min dokumentêre wat in ’n algemene kategorie benoem is.
Pryse
wysigHier volg ’n lys van die belangrikste wenners en benoemdes (die wenners word eerste genoem en is in vet druk):[1]
Beste rolprent | Beste regisseur |
---|---|
|
|
Beste akteur | Beste aktrise |
|
|
Beste manlike byspeler | Beste vroulike byspeler |
|
|
Beste oorspronklike draaiboek | Beste verwerkte draaiboek |
|
|
Beste buitelandse rolprent | Beste kinematografie |
| |
Beste oorspronklike musiek | Beste oorspronklike liedjie |
|
|
Beste rolprentredigering | Beste visuele effekte |
|
|
Ereprys
wysig- Michelangelo Antonioni
Irving G. Thalberg-gedenkprys
wysigJean Hersholt- Humanitêre Prys
wysigVerwysings
wysig- ↑ "The 67th Academy Awards (1995) Nominees and Winners". oscars.org (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2014. Besoek op 23 Oktober 2011.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste van die Oscars
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oscars.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia