Hesperantha spicata

plantspesie
(Aangestuur vanaf Aandkaneelblom)

Die aandkaneelblom (Hesperantha spicata) is 'n meerjarige blomplant en geofiet wat tot die genus Hesperantha behoort en is deel van die fynbos en renosterveld. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom voor van Piketberg tot by Gordonsbaai tot by die boonste gedeelte van die Breederiviervallei. Dit het tans 'n voorkomsgebied van 5124 km² maar het habitat afgestaan aan gewasverbouing, ontwikkelinge en indringerplante. Die bedreigings bestaan steeds.

Aandkaneelblom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. spicata
Binomiale naam
Hesperantha spicata
(Burm.f.) N.E.Br., (1929)
Sinonieme
  • Ixia spicata Burm.f.

Die plant het drie subspesies:

  • Hesperantha spicata subsp. fistulosa (Baker) Goldblatt
  • Hesperantha spicata subsp. graminifolia (Sweet) Goldblatt
  • Hesperantha spicata subsp. spicata

Bronne

wysig