Abe Bailey
Sir Abraham "Abe" Bailey (Cradock, 6 November 1864 – Muizenberg, Kaapstad, 10 Augustus 1940) was 'n Suid-Afrikaanse krieketspeler, mynmagnaat en politikus.
Abraham Bailey | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Karikatuur van Abe Bailey deur Leslie Ward in 1908 | ||||||
Volle naam | Sir Abraham "Abe" Bailey, 1ste Baronet | |||||
Gebore | Cradock, Kaapkolonie, Suid-Afrika | 6 November 1864|||||
Gesterf | 10 Augustus 1940 (op 75) Muizenberg, Kaapprovinsie, Suid-Afrika | |||||
Kolfstyl | Regshandig | |||||
Loopbaanstatistiek | ||||||
Kompetisie | 1ste rang | |||||
Wedstryde | 3 | |||||
Lopies aangeteken | 16 | |||||
Kolfgemiddeld | 3,20 | |||||
100s/50s | 0/0 | |||||
Hoogste telling | 8 | |||||
Aflewerings geboul | 470 | |||||
Paaltjies | 11 | |||||
Boulgemiddeld | 18,27 | |||||
5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | |||||
10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | |||||
Beste boulontleding | 4/51 | |||||
Vangskote/Stonkings | 4/0 | |||||
Bron: Cricinfo, |
Hy bring sy kinderjare op Cradock in die Oos-Kaap deur, maar verhuis in 1896 na Johannesburg waar hy lid word van die Reform Committee en na die Jameson-inval word hy aangehou weens hoogverraad. Hy word vrygelaat nadat hy 'n boete van £2 000 betaal. In 1899 dien hy in die Anglo-Boereoorlog as inligtingsbeampte onder lord Roberts. In 1900 organiseer hy die S.A. Light Horse wat hy grotendeels self befonds. In 1902 word hy as lid van die Progressiewe Party verkies tot lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering vir Barkly-Wes.
In 1906 gaan hy na Engeland as lid van die Transvaalse Progressiewe Party om dié party se sienswyse oor die nuwe Transvaalse grondwet aan die Britse regering voor te lê. Hy dien van 1910 tot 1924 as lid van die Unie-Volksraad – en sterf in 1940 in Muizenberg op die Kaapse Skiereiland. Bailey het die herehuis Friedenheim in die toe nog eksklusiewe Johannesburgse buurt Belgravia ná die Driejarige Oorlog by die eiendomsontwikkelaar sir Julius Jeppe gekoop en moontlik daar gewoon tot die Transvaalse onderwysdepartement dit in 1916 gekoop het om as koshuis van die Hoër Seunskool Jeppe te dien.
Bronne
wysig- Abe Bailey - a complete South African. In: Lantern. Tydskrif vir Volksopvoeding. Jaargang 3, nr. 3, Januarie 1954.
- Albertyn, dr. C.F. (red.) 1962. Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Kaapstad Bloemfontein Johannesburg: Nasionale Boekhandel Bpk.
- Green, Eldred: 'n Skildery in ons Nasionale Kunsmuseum. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 25, nr. 4, Junie 1976
Verwysings
wysig- ↑ (en) "FinestHour" (pdf). Journal of the Churchill Center and Societies, Summer 2005. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2007. Besoek op 2 Augustus 2007.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Abe Bailey.