Knoppiesdoring
Die Knoppiesdoring (Senegalia nigrescens) is 'n boomspesie in die Fabaceae familie is. Die boom se FSA-nommer is 178.[1] In Engels staan dit bekend as die knob thorn.[2]
Knoppiesdoring | |
---|---|
Op Kalaharisand in die Limpopovallei | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Fabales |
Familie: | Fabaceae |
Genus: | Senegalia |
Spesie: | S. nigrescens
|
Binomiale naam | |
Senegalia nigrescens (Oliv.) P.J.H.Hurter, (2008)
| |
Sinonieme | |
|
Beskrywing
wysigDie immergroen boom bereik 'n hoogte van 5 ‒ 18 m met 'n digte, uitgespreide kroon en meestal 'n lang, kaal stam.[3] Ou stamme is donkergrys van kleur en diep gegroef in die lengte. Behalwe die gebruiklike blomme en vrugte in peule, het die boom ook haakdorings in pare, redelik ver uitmekaar, wat tot 5 mm lank word. Onder die dorings vorm daar duidelike knoppe as uitgroeisels van tot 25 mm hoog op die bas.
Verspreiding
wysigDie boom kom voor in Limpopo, Mpumalanga en die noorde van KwaZulu-Natal. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe.
Ekologie
wysigKameelperde vreet dikwels op die blomme en blare van hierdie boom, terwyl die saadpeule en blare deur 'n reeks soogdiere, insluitend olifante, gevreet word.[4]
Gebruike
wysig'n Salf wat van die wortels gemaak word, is tradisioneel gebruik om stuiptrekkings te behandel.[5]
Galery
wysig-
Saamgestelde blare -
blomaar -
rooibruin peule -
knoppies op bas -
bastekstuur
Sien ook
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Acacia nigrescens. |
Verwysings
wysig- ↑ https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 69. ISBN 978-1-77007-759-1.
- ↑ Masupa, Thabo. "Senegalia nigrescens (as Acacia nigrescens)". PlantZAfrica.com. National Herbarium, Pretoria. Besoek op 7 Oktober 2012.
- ↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 69. ISBN 978-1-77007-759-1.
- ↑ Cumes, David (2009). Healing trees & plants of the Lowveld. Rael Loon, Dries Bester. Kaapstad: Struik Nature. ISBN 978-1-77007-833-8. OCLC 506229195.
Bronne
wysig- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Piet van Wyk. 2008. ISBN 978-1-77007-759-1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online