Gekweekte sampioen
(Aangestuur vanaf Agaricus bisporus)
Die gekweekte sampioen of witsampioen (Agaricus bisporus) is 'n eetbare sampioen wat in Suid-Afrika ook algemeen in die natuur aangetref word.[1] Dit kan egter met jong eksemplare van die dodelik giftige knolamaniete (Amanita-spesies, (en) destroying angels) verwar word, maar laasgenoemde is aan die saaltjie aan die basis van die sampioen en die suiwer wit kieue onderskeibaar, in teenstelling met die pienk tot bruin kieue van A. bisporus. Dit is uiters belangrik om altyd enige vuilheid te verwyder en die basis van 'n sampioen te ondersoek, asook om jong eksemplare oop te sny en die kieue te ondersoek.
Gekweekte sampioen Witsampioen, Gewone sampioen | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | A. bisporus
|
Binomiale naam | |
Agaricus bisporus (J.E.Lange) Emil J. Imbach
|
Bestanddele van wit, rou sampioene per 100 g[2] | |
---|---|
Energiewaarde | 93 kJ |
Water | 92,45 g |
Proteien | 3,09 g |
Koolhidrate | 3,26 g |
Vet | 0,34 g |
Vesel | 1 g |
Vitamien B1 | 0.08 mg |
Vitamien B2 | 0,04 mg |
Vitamien B3 | 3,6 mg |
Vitamien B6 | 0,104 mg |
Vitamien B12 | 0.04 ug |
Folaat | 17 ug |
Pantoteensuur | 1,5 mg |
Vitamien C | 2,1 mg |
Vitamien D | 0,2 ug |
Kalsium | 11 mg |
Natrium | 3 mg |
Yster | 0,5 mg |
Magnesium | 9 mg |
Fosfor | 86 mg |
Kalium | 318 mg |
Sink | 0,52 mg |
Top sampioen-produserende lande
wysigLand | Metrieke ton (2011) |
---|---|
China | 5 008 850 |
Italië | 761 858 |
VSA | 390 902 |
Nederland | 304 000 |
Pole | 198 235 |
Spanje | 127 000 |
Frankryk | 115 669 |
Kanada | 78 930 |
Verenigde Koninkryk | 69 300 |
Ierland | 67 063 |
Duitsland | 62 000 |
Japan | 60 180 |
Australië | 49 696 |
Indonesië | 45 851 |
België | 41 556 |
Indië | 41 000 |
... | |
Suid-Afrika (25ste) | 12 568 |
Wêreldtotaal | 7 698 773 |
Verwysings
wysig- ↑ Gorter, G.J.M.A.; Eicker, A. (27 Maart 1988). "Vaktaalrubriek: Gewone Afrikaanse en Engelse name vir die meer algemene Suid-Afrikaanse sampioene en ander makroswamme". Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie. 7 (1): 55–64. doi:10.4102/satnt.v7i1.900. ISSN 0254-3486. Besoek op 10 Maart 2024.
- ↑ Skakel na USDA Databasis-inskrywing[dooie skakel]
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Agaricus bisporus. |