Alfred Baphethuxolo Nzo
Alfred Baphethuxolo Nzo (19 Junie 1925, Benoni - 13 Januarie 2000, Johannesburg) was 'n Suid-Afrikaanse politikus. Hy was die langsdienende sekretaris-generaal van die ANC, 'n pos wat hy vanaf 1969 tot 1991 beklee het. Hy was die Suid-Afrikaanse Minister van Buitelandse Sake vanaf 1994 tot sy aftrede in 1999. Hy was ook die eerste swart gesondheidsinspekteur in die land gewees. Die Alfred Nzo-toekenning word tans toegeken aan verdienstelike gesondheidspraktisyns in Suid-Afrika.
Alfred Baphethuxolo Nzo | |
Alfred Nzo (1977) | |
Ampstermyn 1994 – 1999 | |
President | Nelson Mandela |
---|---|
Voorafgegaan deur | Pik Botha |
Opgevolg deur | Nkosazana Dlamini-Zuma |
Sekretaris-generaal van die African National Congress
| |
Ampstermyn 1969 – 1999 | |
Opgevolg deur | Cyril Ramaphosa |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 19 Junie 1925 Benoni, Gauteng |
Sterf | 13 Januarie 2000 (op 74) Johannesburg, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Voorafgegaan deur Pik Botha |
Minister van Buitelandse Sake 1994–1999 |
Opgevolg deur Nkosazana Dlamini-Zuma |