Nkosazana Dlamini-Zuma
Nkosazana Clarice Dlamini-Zuma (gebore 27 Januarie 1949) is 'n Suid-Afrikaanse afgetrede politikus en 'n voormalige aktivis teen apartheid. Sy was Suid-Afrika se Minister van Gesondheid van 1994 tot 1999, onder president Nelson Mandela, daarna die Minister van Buitelandse Sake vanaf 17 Junie 1999 tot 10 Mei 2009, onder presidente Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe. Sy is op 10 Mei 2009 as die Minister van Binnelandse Sake in die kabinet van president Jacob Zuma, haar gewese man, aangestel. Sy het dié posisie tot haar bedanking op 2 Oktober 2012 beklee.
Nkosazana Dlamini-Zuma | |
Nkosazana Dlamini-Zuma in 2014 | |
Minister vir Vroue, die jeug en persone met gestremdhede
| |
Ampstermyn 6 Maart 2023 – 19 Junie 2024 | |
Vise | Sisisi Tolashe |
---|---|
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Maite Nkoana-Mashabane |
Opgevolg deur | Sindisiwe Chikunga |
Minister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede
| |
Ampstermyn 30 Mei 2019 – 6 Maart 2023 | |
Vise | Parks Tau, Obed Bapela |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Zweli Mkhize |
Opgevolg deur | Ronald Lamola |
Minister in die Presidensie vir die Nasionale Beplanningskommissie
| |
Ampstermyn 28 Februarie 2018 – 29 Mei 2019 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Jeff Radebe |
Opgevolg deur | Jackson Mthembu |
Voorsitter van die Afrika-unie
| |
Ampstermyn 15 Oktober 2012 – 30 Januarie 2017 | |
Vise | Erastus Mwencha |
Voorafgegaan deur | Jean Ping |
Opgevolg deur | Moussa Faki |
Minister van Binnelandse Sake
| |
Ampstermyn 10 Mei 2009 – 3 Oktober 2012 | |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Nosiviwe Mapisa-Nqakula |
Opgevolg deur | Naledi Pandor |
Minister van Buitelandse Sake
| |
Ampstermyn 14 Junie 1999 – 10 Mei 2009 | |
President | Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe |
Voorafgegaan deur | Alfred Nzo |
Opgevolg deur | Maite Nkoana-Mashabane (Internasionale Betrekkinge en Samewerking) |
Minister van Gesondheid
| |
Ampstermyn 10 Mei 1994 – 14 Junie 1999 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | Rina Venter |
Opgevolg deur | Manto Tshabalala-Msimang |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 27 Januarie 1949 Natal, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Jacob Zuma (1982–1998; geskei) |
Kind(ers) | 4 |
Alma mater | Universiteit van Zoeloeland Universiteit van Natal Universiteit van Bristol Liverpool Skool vir Tropiese Medisyne |
Op 15 Julie 2012 is Dlamini-Zuma tot voorsitter van die Afrika-unie verkies. Sy word dus die eerste vrou om die organisasie (insluitend sy voorganger, die Organisasie vir Afrika-eenheid) te lei.[1] Sy het van 15 Oktober 2012 tot 30 Januarie 2017 gedien, en is deur Moussa Faki opgevolg.[2] Haar ampstermyn in dié pos was ook omstrede.
Tydens president Cyril Ramaphosa se tweede termyn was sy vir 16 maande lank ook minister van vroue, jeug en persone met gestremdhede.
Onder president Cyril Ramaphosa het sy as Minister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluering gedien, met verantwoordelikheid vir die Nasionale Beplanningskommissie, voordat sy Minister van Samewerkende regering en Tradisionele aangeleenthede geword het, in welke hoedanigheid sy 'n prominente en omstrede rol in die regulering van Suid-Afrika se inperking tydens die COVID-19-pandemie gehad het.
Verwysings
wysig- ↑ African Union chooses first female leader, The Guardian 16 Julie 2012.
- ↑ "AU swears in new officers, Moroccan king 'happy to be back home'" (in Engels). Africanews.com. 30 Januarie 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 31 Januarie 2017.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nkosazana Dlamini-Zuma.