Aloe longibracteata
plantspesie
Aloe longibracteata is 'n aalwyn wat endemies is in Limpopo en Mpumalanga en word gegroepeer as deel van die bontaalwyne. Dit kom in die Middelburg-omgewing voor, ooswaarts tot by Lydenburg en noordwaarts tot by Polokwane en Tzaneen. Die plant groei op hoogtes bo seevlak tussen 1300 m en 1 800 m. Dit blom van Julie tot Augustus. Die naam longibracteata verwys na die lang blomskutblare van die spesie.
Aloe longibracteata | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asphodelaceae |
Subfamilie: | Asphodeloideae |
Genus: | Aloe |
Spesie: | A. longibracteata
|
Binomiale naam | |
Aloe longibracteata Pole-Evans, 1915
|
Daar is voorgestel dat die spesie met A. greatheadi en A. davyana gekombineer moet word.
Sien ook
wysigBronne
wysig- Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika, Ben-Erik van Wyk & Gideon F. Smith, Briza Publikasies, 2014, ISBN 978-1-920217-39-6
- Plants of the World Online