Antwerpen (provinsie)
Antwerpen (Nederlands: Antwerpen, Frans: Anvers, Duits: Antwerpen) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 911 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 2 876 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 664 per km². Die hoofstad is die gelyknamige stad Antwerpen.
Antwerpen | |
---|---|
Provinsie | |
Ligging van die provinsie Antwerpen in België | |
Koördinate: 51°13′N 4°25′O / 51.217°N 4.417°O | |
Land | België |
Gewes | Vlaandere |
Hoofstad | Antwerpen |
Regering | |
• Goewerneur | Cathy Berx (CD&V) |
Oppervlak | |
• Totaal | 2 876,12 km2 (1 110,48 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 910 952 |
• Digtheid | 664/km2 (1 720/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.provincieantwerpen.be |
Antwerpen lê in die noorde van België en grens aan die Nederlandse provinsies Noord-Brabant en (vir 'n stukkie) Zeeland. In die provinsie word Nederlands en variante van Brabants gepraat.
Antwerpen lê grotendeels in die Kempen. Deur die linker deel van die provinsie vloei die Skelde. Die hoogste punt is die Beerzelberg (52 meter bo seevlak) in die munisipaliteit Putte.
Administratiewe indeling
wysigAntwerpen is in administratiewe opsig in drie arrondissemente verdeel:
Die arrondissimente is in 69 munisipaliteite verdeel.
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Antwerpen (provinsie).
- (nl) Amptelike webwerf van die provinsie Antwerpen