Asteroïedgordel
Die asteroïedgordel is a torusvormige streek in die Sonnestelsel, rofweg tussen die wentelbane van Jupiter en Mars. Dit bestaan uit talle soliede, onreëlmatig gevormde liggame wat asteroïede genoem word. Die gordel word ook die hoofasteroïedgordel genoem, aangesien daar ander asteroïede ook in die Sonnestelsel is, soos die nabyaardevoorwerpe en trojane.[2]
Son Jupiter-trojane Wentelbane van die planete | Asteroïedgordel Hilda-asteroïede Nabyaardevoorwerpe (seleksie) |
Beskrywing
wysigDie gordel bevat onder meer die dwergplaneet Ceres en die asteroïede Vesta, Pallas en Higeia, wat saam sowat die helfte van die massa van die gordel beslaan.[2] Van die kleiner asteroïede is die grootte van ’n stofdeeltjie. Die totale massa van die gordel is sowat 4% van die Maan s'n, 22% van Pluto s'n en rofweg twee keer dié van Pluto se maan Charon (waarvan die deursnee 1 200 km is).
Ceres, die enigste voorwerp in die asteroïedgordel wat groot genoeg is om ’n dwergplaneet genoem te word, het ’n deursnee van sowat 950 km, terwyl Vesta, Pallas en Hygiea elk ’n gemiddelde deursnee van minder as 600 km het.[3][4][5]
Die asteroïede is so yl versprei dat verskeie onbemande ruimtetuie al daardeur gestuur is.[6] Tog bots van die groot asteroïede teen mekaar en dan kan ’n asteroïedfamilie gevorm word waarvan die lede dieselfde wentelbaaneienskappe en samestelling het. Botsings kan ook ’n fyn stof tot gevolg hê.
Soorte klein Sonnestelselliggame in ander streke is die nabyaardevoorwerpe, sentoure, Kuipergordelvoorwerpe, verstrooideskyfvoorwerpe, sednoïdes en Oortwolkvoorwerpe.
Op 22 Januarie 2014 het wetenskaplikes van die Europese Ruimteagentskap (ESA) berig oor die heel eerste definitiewe waarneming van waterdamp op Ceres, die grootste voorwerp in die asteroïedgordel.[7] Die waarneming is gedoen danksy die ver-infrarooivermoëns van die Herschel-ruimtesterrewag.[8] Dié ontdekking was ’n verrassing, want gewoonlik kom waterdamp om komete voor en nie om asteroïede nie. Volgens een van die wetenskaplikes raak die onderskeid tussen komete en asteroïede al hoe kleiner.[8]
Oorsprong
wysigVorming
wysigIn 1802, kort ná die ontdekking van Pallas, het Heinrich Olbers aan William Herschel voorgestel dat Ceres en Pallas fragmente van ’n hipotetiese veel groter planeet is wat eens in die Mars-Jupiter-streek voorgekom het en baie miljoene jare tevore ontplof het of deur ’n komeet getref is.[9] (Die sterrekundige K.N. Saftsjenko van Odessa het voorgestel Ceres, Pallas, Juno en Vesta is ontsnapte mane eerder as fragmente van ’n planeet wat ontplof het).[10] Die groot energie wat nodig is om ’n planeet te laat ontplof en die gordel se klein massa, wat net sowat 4% van die Maan s’n is,[3] ondersteun nie die hipotese nie. Verder maak die aansienlike chemiese verskille tussen die asteroïede dit moeilik om te verduidelik as hulle fragmente van een planeet is.[11] In 2018 is in ’n studie deur navorsers aan die Universiteit van Florida bevind die asteroïedgordel is geskep deur oorblyfsels van verskeie antieke planete en nie net een nie.[12]
Die huidige hipotese is dat die asteroïedgordel uit die oersonnewel ontstaan het as ’n groep planetesimale.[13] Planetesimale is die kleiner voorlopers van protoplanete. Die sonnewelhipotese oor die vorming van die Sonnestelsel stem ooreen met die lank bestaande hipotese oor die ontstaan van planeetstelsels in die algemeen: ’n Wolk van interstellêre stof en gas het ingestort onder die invloed van swaartekrag en ’n draaiende kolk materiaal gevorm wat verder ineengedruk is om die Son en planete te vorm.[14] Gedurende die eerste paar miljoen jaar van die Sonnestelsel se geskiedenis het ’n akkresieskyf gevorm waarin klewerige klein deeltjies teen mekaar gebots, aan mekaar gekleef en eindelik groter klonte gevorm het. Sodra die klonte groot genoeg was, het hulle ander materie aangetrek en planetesimale gevorm. Hulle het aanhou groei en die planete gevorm.
Tussen Mars en Jupiter het swaartekragversteurings deur Jupiter dit onmoontlik gemaak dat die materie planete kon vorm.[13][15] Hulle het eerder om die Son bly wentel en soms teen mekaar gebots.[16] Die botsings het te heftig geraak en in plaas van saamsmelt, het die planetesimale en die meeste van die protoplanete uitmekaargespat. As gevolg daarvan het 99,9% van die gordel se aanvanklike massa in die eerste 100 miljoen jaar van die Sonnestel se geskiedenis verlore gegaan.[17]
Sommige fragmente het eindelik in die binneste Sonnestelsel beland en tot meteoorbotsings teen die binneplanete gelei. Die asteroïede se wentelbane word steeds ontwrig wanneer hulle wentelperiodes om die Son ’n baanresonansie met Jupiter vorm. Teen hierdie wentelafstande kom ’n Kirkwoodgaping voor wanneer hulle in ander wentelbane geskuif word.[18]
Evolusie
wysigDie asteroïede is nie oorblyfsels van die aanvanklike Sonnestelsel nie. Hulle het sedert hulle vorming aansienlike evolusie ondergaan, insluitende interne verhitting (in die eerste paar miljoene jaar), oppervlaksmelting vanweë botsings, ruimteverwering vanweë straling en ’n bombardement deur mikrometeoriete.[19] Hoewel sommige wetenskaplikes hulle oorblyfsels van planetesimale noem,[20] beskou ander hulle as ’n aparte verskynsel.[21]
Die massa van die huidige asteroïedgordel is vermoedelik net ’n fraksie van dié van die oorspronklike gordel. Volgens rekenaarsimulasies kon die oorspronklike gordel se massa met dié van die Aarde ooreengestem het.[22] Die meeste materiaal is binne ’n miljoen jaar ná hulle vorming uit die gordel gewerp, hoofsaaklik weens swaartekragversteurings, en so het minder as 0,1% van die oorspronklike massa oorgebly.[16] Sedert die gordel se vorming het die grootteverspreiding daarvan redelik stabiel gebly: Daar was nie ’n aansienlike toe- of afname in die tipiese grootte van die hoofgordelasteroïede nie.[23]
Die baanresonansie van 4:1 met Jupiter, by ’n radius van 2,06 AE, kan beskou word as die binneste grens van die asteroïedgordel. Versteurings deur Jupiter stuur liggame wat daarheen afwyk in onstabiele wentelbane. Die meeste liggame wat in die radius van hierdie gaping ontstaan het, is in die vroeë geskiedenis van die Sonnestelsel deur Mars aangetrek (wat ’n afelium by 1,67 AE het) of deur sy swaartekragversteurings weggewerp.[24] Die Hungaria-asteroïdes is nader aan die Son as die 4:1-resonansie, maar word deur hulle groot baanhellings beskerm.[25]
Toe die asteroïede aanvanklik gevorm het, het die temperature op ’n afstand van 2,7 AE van die Son af ’n "sneeulyn" onder die vriespunt van water gevorm. Planetesimale wat verder weg van die Son gevorm het, het ys aangetrek.[26][27] In 2006 is aangekondig ’n groep komete is in die asteroïedgordel anderkant die sneeulyn ontdek, en hulle het dalk die water verskaf vir die Aarde se oseane. Volgens sommige modelle het te min water tydens die vorming van die Aarde ontstaan om oseane te vorm, wat beteken ’n bron van buite, soos ’n bombardement deur komete, was nodig.[28]
Sien ook
wysig- Asteroïed vir die ontdekking, verspreiding en samestelling van asteroïede
Verwysings
wysig- ↑ Toe die grafiek gemaak is, is gereken Ceres beslaan 'n derde van die massa van die gordel. Meer onlangse ramings is 'n kwart van die massa.
- ↑ 2,0 2,1 Matt Williams (23 Augustus 2015). "What is the Asteroid Belt?". Universe Today. Besoek op 30 Januarie 2016.
- ↑ 3,0 3,1 Krasinsky, G. A.; Pitjeva, E. V.; Vasilyev, M. V.; Yagudina, E. I. (Julie 2002). "Hidden Mass in the Asteroid Belt". Icarus. 158 (1): 98–105. Bibcode:2002Icar..158...98K. doi:10.1006/icar.2002.6837.
- ↑ Pitjeva, E. V. (2005). "High-Precision Ephemerides of Planets—EPM and Determination of Some Astronomical Constants" (PDF). Solar System Research. 39 (3): 176–186. Bibcode:2005SoSyR..39..176P. doi:10.1007/s11208-005-0033-2. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 3 Julie 2014.
- ↑ Yeomans, Donald K. (13 Julie 2006). "JPL Small-Body Database Browser" (in Engels). NASA JPL. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 27 September 2010.
- ↑ Brian Koberlein (12 Maart 2014). "Why the Asteroid Belt Doesn't Threaten Spacecraft". Universe Today. Besoek op 30 Januarie 2016.
- ↑ Küppers, Michael; O’Rourke, Laurence; Bockelée-Morvan, Dominique; Zakharov, Vladimir; Lee, Seungwon; von Allmen, Paul; Carry, Benoît; Teyssier, David; Marston, Anthony; Müller, Thomas; Crovisier, Jacques; Barucci, M. Antonietta; Moreno, Raphael (2014). "Localized sources of water vapour on the dwarf planet (1) Ceres". Nature. 505 (7484): 525–527. Bibcode:2014Natur.505..525K. doi:10.1038/nature12918. ISSN 0028-0836. PMID 24451541.
- ↑ 8,0 8,1 Harrington, J. D. (22 Januarie 2014). "Herschel Telescope Detects Water on Dwarf Planet – Release 14-021". NASA (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2019. Besoek op 22 Januarie 2014.
- ↑ "A Brief History of Asteroid Spotting". Open2.net (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2011. Besoek op 15 Mei 2007.
- ↑ Bronshten (1971). "Origin of the Asteroids".
- ↑ Masetti, M.; Mukai, K. (1 Desember 2005). "Origin of the Asteroid Belt" (in Engels). NASA Goddard Spaceflight Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2014. Besoek op 25 April 2007.
{{cite web}}
: Onbekende parameter|last-author-amp=
geïgnoreer (hulp) - ↑ "Study reveals secret origins of asteroids and meteorites". news.ufl.edu (in Engels). 2 Julie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2019. Besoek op 17 Oktober 2018.
- ↑ 13,0 13,1 "How Did The Asteroid Belt Form? Was There A Planet There?" (in Engels). CosmosUp. 17 Januarie 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2018. Besoek op 30 Januarie 2016.
- ↑ Watanabe, Susan (20 Julie 2001). "Mysteries of the Solar Nebula" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2012. Besoek op 2 April 2007.
- ↑ Nola Taylor Redd (11 Junie 2012). "Asteroid Belt: Facts & Information". Space.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 30 Januarie 2016.
- ↑ 16,0 16,1 Petit, J.-M.; Morbidelli, A.; Chambers, J. (2001). "The Primordial Excitation and Clearing of the Asteroid Belt" (PDF). Icarus. 153 (2): 338–347. Bibcode:2001Icar..153..338P. doi:10.1006/icar.2001.6702. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 21 Februarie 2007. Besoek op 22 Maart 2007.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|last-author-amp=
geïgnoreer (hulp) - ↑ Beatty, Kelly (10 Maart 2009). "Sculpting the Asteroid Belt" (in Engels). Sky & Telescope. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018. Besoek op 30 April 2014.
- ↑ Delgrande, J. J.; Soanes, S. V. (1943). "Kirkwood's Gap in the Asteroid Orbits". Journal of the Royal Astronomical Society of Canada. 37: 187. Bibcode:1943JRASC..37..187D.
- ↑ Clark, B. E.; Hapke, B.; Pieters, C.; Britt, D. (2002). "Asteroid Space Weathering and Regolith Evolution". Asteroids III. University of Arizona: 585. Bibcode:2002aste.book..585C.Gaffey, Michael J. (1996). "The Spectral and Physical Properties of Metal in Meteorite Assemblages: Implications for Asteroid Surface Materials". Icarus. 66 (3): 468–486. Bibcode:1986Icar...66..468G. doi:10.1016/0019-1035(86)90086-2. ISSN 0019-1035.Keil, K. (2000). "Thermal alteration of asteroids: evidence from meteorites". Planetary and Space Science. Besoek op 8 November 2007.Baragiola, R. A.; Duke, C. A.; Loeffler, M.; McFadden, L. A.; Sheffield, J. (2003). "Impact of ions and micrometeorites on mineral surfaces: Reflectance changes and production of atmospheric species in airless solar system bodies". EGS – AGU – EUG Joint Assembly: 7709. Bibcode:2003EAEJA.....7709B.
{{cite journal}}
: Onbekende parameter|last-author-amp=
geïgnoreer (hulp) - ↑ Chapman, C. R.; Williams, J. G.; Hartmann, W. K. (1978). "The asteroids". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 16: 33–75. Bibcode:1978ARA&A..16...33C. doi:10.1146/annurev.aa.16.090178.000341.
- ↑ Kracher, A. (2005). "Asteroid 433 Eros and partially differentiated planetesimals: bulk depletion versus surface depletion of sulfur" (PDF). Ames Laboratory. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 28 November 2007. Besoek op 8 November 2007.
- ↑ Robert Piccioni (19 November 2012). "Did Asteroid Impacts Make Earth Habitable?" (in Engels). Guidetothecosmos.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2017. Besoek op 3 Mei 2013.
- ↑ "Asteroids Caused the Early Inner Solar System Cataclysm". UANews (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 18 Oktober 2018.
- ↑ Alfvén, H.; Arrhenius, G. (1976). "The Small Bodies". SP-345 Evolution of the Solar System (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2007. Besoek op 12 April 2007.
- ↑ Spratt, Christopher E. (April 1990). "The Hungaria group of minor planets". Journal of the Royal Astronomical Society of Canada. 84: 123–131. Bibcode:1990JRASC..84..123S.
- ↑ Lecar, M.; Podolak, M.; Sasselov, D.; Chiang, E. (2006). "Infrared cirrus – New components of the extended infrared emission". The Astrophysical Journal. 640 (2): 1115–1118. arXiv:astro-ph/0602217. Bibcode:2006ApJ...640.1115L. doi:10.1086/500287.
- ↑ Berardelli, Phil (23 Maart 2006). "Main-Belt Comets May Have Been Source Of Earths Water" (in Engels). Space Daily. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 27 Oktober 2007.
- ↑ Lakdawalla, Emily (28 April 2006). "Discovery of a Whole New Type of Comet" (in Engels). The Planetary Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2007. Besoek op 20 April 2007.
Skakels
wysig- Asteroïedontdekkng van 1980 tot 2010
- Asteroids Page Geargiveer 24 Mei 2007 op Wayback Machine at Nasa se verkenning van die Sonnestelsel
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Asteroïedgordel.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.