Athabascameer
Athabascameer | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Athabascameer op 9 Junie 2002[1] | |
Kaart van die Athabascameer | |
Koördinate: | 59°16′N 109°27′W / 59.267°N 109.450°W |
Ligging: | Alberta en Saskatchewan, Kanada |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 7 850 km² (3 030 myl²) |
Maksimum diepte: | 124 meter (407 voet) |
Lengte: | 283 km (176 myl) |
Breedte: | 50 km (31 myl) |
Opvangsgebied: | 271 000 km² (105 000 myl²) |
Omtrek: | 1 900 km (1 200 myl) |
Invloei: | Peacerivier, Athabascarivier, Williamrivier, MacFarlanerivier, Colinrivier, Fond du Lac-rivier |
Uitvloei: | Slawerivier |
Nedersettings: | Fort Chipewyan, Uranium City, Camsell Portage, Fond du Lac |
Die Athabascameer (Engels: Lake Athabasca, Frans: Lac Athabasca; soms ook Athabaska gespel, afgelei van Cree: "daar waar riet is") is die 21ste grootste meer ter wêreld, die tiende grootste meer in Noord-Amerika en die vierde grootste meer in Kanada, buite die Groot Mere, ná die Groot Beremeer, die Groot Slawemeer en die Winnipegmeer. Dit beslaan 'n oppervlakte van 7 850 km², waarvan 26% in Alberta en 76% in Saskatchewan lê.
Die Athabascameer word deur onder andere die Peace- en Athabascariviere gevoed, wat naby die meer saamvloei. Die Athabascameer word deur die Slawerivier met die Groot Slawemeer in die noordweste verbind. Dit behoort tot die Finlay-Peace-Slawe-Mackenzie-rivierstelsel wat in die Arktiese Oseaan uitmond.
Die naam Athabasca is afgelei van die Woud-Cree-woord aðapaskāw, wat "[waar] daar plante een na die ander is" beteken,[3] dalk 'n verwysing na die gespikkelde plantegroei langs die meer.
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Great Slave Lake and Lake Athabasca, Canada (Note: Lake Athabasca during ice-break-up)". 9 Junie 2002. Besoek op 25 Januarie 2013.
- ↑ (en) "Burn Scars in Saskatchewan, Canada (Note: Dark to light rust coloured areas are burn scars from forest fires)". 24 Augustus 2002. Besoek op 3 Januarie 2015.
- ↑ (en) Bright, William (2004). Native American Place Names of the United States. Norman: University of Oklahoma Press, bl. 52
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Athabascameer.
- (en) "Lake Athabasca". Encyclopædia Britannica. Besoek op 12 Augustus 2020.
- (en) "Lake Athabasca". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 12 Augustus 2020.