Balfour, Mpumalanga
Balfour (voorheen: McHattiesburg) is 'n klein landbou- en steenkoolmynboudorp in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die eerste erwe is op 16 Februarie 1898 verkoop en die dorp is eers genoem na Frederick McHattie. In 1905 het die Britse Eerste Minister Arthur Balfour die dorp besoek waarna die dorp se naam verander is na Balfour.
Balfour | |
---|---|
Luglynfoto van Balfour, Mpumalanga | |
Koördinate: 26°39′S 28°35′O / 26.650°S 28.583°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Dipaleseng |
Stigting | 1898 |
Oppervlak | |
• Totaal | 12,06 km2 (4,66 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 3 201 |
• Digtheid | 265/km2 (690/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 38.4% |
• Indiërs/Asiërs | 9.4% |
• Bruin mense | 1.4% |
• Swart mense | 50.2% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 38.6% |
• Zoeloe | 23.1% |
• Engels | 15.4% |
• Suid-Sotho | 12.3% |
• Ander | 10.7% |
Poskode (strate) | 2410 |
Poskode (posbusse) | 2410 |
Skakelkode | 017 |
Distrik
wysigDie distrik is 2 400 km2 groot en het in 1962 van Heidelberg afgestig. Die belangrikste gewas wat verbou word is mielies. Die Springfield Colleries-steenkoolmyn is 20 km suidwes van die dorp.
Sien ook
wysig- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- Siyathemba, die township van Balfour
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Balfour". Sensus 2011.
- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Balfour.