Bartonium
Periode/ sisteem |
Epog/ serie |
Tydsnede/ etage |
M. jaar gelede | |
---|---|---|---|---|
Neogeen | Mioseen | Aquitanium | jonger | |
Paleogeen | Oligoseen | Chattium | 23,03–28,1 | |
Rupelium | 28,1–33,9 | |||
Eoseen | Priabonium | 33,9–38,0 | ||
Bartonium | 38,0–41,3 | |||
Lutetium | 41,3–47,8 | |||
Ipresium | 47,8–56,0 | |||
Paleoseen | Tanetium | 56,0–59,2 | ||
Selandium | 59,2–61,6 | |||
Danium | 61,6–66,0 | |||
Kryt | Laat | Maastricht | ouer | |
Die verdeling van die Paleogeen (IKS). |
Die Bartonium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Paleogeen (serie/epog Eoseen). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.
Die tydperk was van sowat 41,3 tot 38 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Lutetium en gevolg deur die Priabonium.
Naam en definisie
wysigDie Bartonium is in 1857 deur Karl Mayer-Eymar genoem na die Barton-lae by Barton-on-Sea in Hampshire, Engeland. Die oorspronklike tipeligging is in die omgewing van die Highcliffe-ontsluiting in Suid-Engeland; ’n globale stratotipepunt is nog nie vasgestel nie.
Die basis van die etage word gedefinieer deur die verdwyning van die nannoplankton Reticulofenestra reticulata en die bokant deur die eerste voorkoms van die nannoplankton Chiasmolithus oamaruensis.
Verwysings
wysig- ↑ Gradstein et al. (2012)
Bronne
wysig- (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.