Bespreking:Fokofpolisiekar
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Fokofpolisiekar-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
|||
|
| Artikelriglyne
|
Daaglikse bladtrekke van Fokofpolisiekar
'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel. Besoek intussen gerus die interaktiewe grafiek by pageviews.wmcloud.org. |
Te lyserig
wysigDie artikel is vir my bietjie lyserig - moet ons nie maar die liedjies op die albums se name uithaal nie - dit klink vir my darem na te veel detail. Laurens 15:05, 16 Mei 2006 (UTC)
Miskien moet die albums selfs blaaie hê? Is jy tog daar? As mense saam stem, sal ek dit doen, maar ek wil nie coyboy wees. Ook, op die Engelse versie ([1]) is daar inligting en prente wat kan op hierdie blaai wees? Ek sal die teks probeer vertaal, maar om die prente hier te steek is 'n bietjie bo my vuurmaakplek Garble 19:07, 12 Januarie 2007 (UTC)
- Hi Garble, Ek het so 'n bietjie na die Engelse artikel gaan kyk. Die beelde daar is ongelukkig alaml nie-vrye beelde. Die Engelse wikipedia laat tans suleke beelde toe onder redelike gebruik. Dit kan egter verander en dan gaan dit uitgevee word. Ek wonder of mens nie vir die ouens moet skryf en vir hulle vra of hulle vir ons 'n beeld as GFDL of onder 'n geskikte Creative commons lisensie kan verskaf nie. Dit sal seker nie skade doen om aparte bladsye vir die albums te skep nie - dit sal goed wees as die dan bietjie meer het as net die liedjies se titels. Natuurlik hoef dit nou nie van die begin af alles in te hê nie. Die wiki groeie mos maar met die tyd saam. Laurens 06:11, 13 Januarie 2007 (UTC)
Kategorie:Fokofpolisiekar
wysigHoekom bestaan hierdie kategorie? Al die artikels (behalwe die hoofartikel) wat in die kategorie is, word op die hoofartikel gelys. Daar is geen rede hoekom ons hierdie kategorie hoef te hê nie. [2]. — Adriaan (S★B) 16:45, 16 Januarie 2008 (UTC)
Kry Prente!!!!!
wysigDit sal baie help vir mense se navorsing as julle prente by die plekke sit en ook moenie dit in lysies maak nie.– Hierdie ongetekende kommentaar is deur 198.54.202.94 (Bespreking • Bydraes) gelewer.
Ek het baie foto's wat ek probeer oplaai, maar dit word heeltyd geweier. Elana Barker (kontak) 08:21, 13 Januarie 2020 (UTC)
Subartikels
wysigOns het êrens vroeër die subartikels van musikale kunstenaars bespreek. Ek dink die bespreking het daarop afgelei dat ons voortaan albums nie op subartikels nie maar eerder in die hoofartikel self sal bespreek. Is dit in die haak as ek die albumsubartikels met die hoofartikel versmelt? Vir my voel al die inligting oor die snitte en hoe lank elkeen duur ook bietjie databasis-agtig. Groete — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 10:28, 12 Junie 2009 (UTC)
FPK
wysigEk weet nie of dit nodig is om dit te noem nie, maar hulle gee blykbaar ook nie om om FPK genoem te word in "beleefde geselskap" nie. Hulle verkies dit glo bo Polisiekarre. Winston (kontak) 18:12, 19 April 2010 (UTC)
Foto's
wysigEk het heelwat foto's opgelaai in jpeg formaat wat ek van die groep se bestuurder self gekry het. Hoekom is dit verwyder? Ek probeer om dit weer op te laai en omdat dit geweier is, kan ek dit nie weer oplaai nie. As iets net geskrap word, sal dit gaaf wees as mens 'n rede kry. So kan mens sien wat om liefs te vermy in die toekoms. Op hierdie wyse neem die Afrikaanse Wikipedia eerder 'n paar tree terug as vorentoe. Ek sal 'n verduidelink waardeer. Elana Barker (kontak) 08:11, 13 Januarie 2020 (UTC)