Laurens
af | Hierdie gebruiker se moedertaal is Afrikaans. |
en-4 | This user speaks English at a near-native level. |
nl-2 | Deze gebruiker heeft een gemiddelde kennis van het Nederlands. |
de-2 | Dieser Benutzer hat fortgeschrittene Deutschkenntnisse. |
fr-2 | Cette personne peut contribuer avec un niveau intermédiaire de français. |
Hierdie gebruiker dra by met Ubuntu. |
Hierdie gebruiker dra by met Mozilla Firefox. |
Hallo
Ek is Wikipedia gebruiker Laurens, hier aktief sedert 5 Maart 2005. Ek is 'n burokraat op die Afrikaanse Wikipedia en is ook redelik aktief op die Commons, meestal om beelde op te laai wat op die Afrikaanse Wikipedia benodig word. In die gewone lewe is ek 'n ingenieur, woonagtig in Suid-Afrika en werksaam by 'n groot navorsing- en ontwikkelingsorganisasie. My belangstellings wissel van taal, kos en kultuur tot geskiedenis, wiskunde en wetenskap.
Oor my en Wikipedia
Ek is baie trots op wat die klein gemeenskappie op die Afrikaanse Wikipedia reeds reggekry het, maar ek wonder baie keer hoekom die gemeenskap so klein is en wens ons kon al 'n 100 000 bladsye gehad het en dat al die belangrike onderwerpe gedek was en dat daar geen rooi skakels op die voor blad was nie en dat meeste artikels van 'n hoë gehalte was. Toe ek hier aangekom het het ek gedink dit gaan enige dag gebeur - honderde mense gaan aansluit en begin artikels skryf en hoe meer artikels geskryf word hoe meer mense gaan aansluit en dan groei die ding soos 'n sneeubal. Dus het ek aanvanklik meestal aan infrastruktuur gewerk en so veel as moontlik artikels geskep - meestal deur vertaling - om kritiese massa te probeer bereik in terme van die aantal artikels. Van die vroeë werk was byvoorbeeld om die uitgesoekte gebeure op te stel en die veranderende voorblad artikel meganisme in te voer. Ander het reeds voor dit baie ander werk gedoen soos om die Wikimedia sagteware te vertaal en die eerste twee duisend of so artikels te skep.
In die begin het ek baie rooi skakels gelos met die hoop dat iemand sou wou inspring en daaraan begin werk. Dit was uiters naïef. Ek is nou grootliks teen rooi skakels gekant - dit laat artikels onvolledig lyk en mense kies self waaraan hulle wil werk en dit gaan nie oor rooi skakels nie. My mening is tans dat die gemeenskap slegs sal groei as mens goed buite Wikipedia self doen. Dit wil sê artikel vir mens se plaaslike knock and drop koerantjie skryf, as ons persverklarings kan uitkry oor belangrike of interessante goed, as ons oor die Afrikaanse Wikipedia blog of twitter en as ons Wikipedia onder Facebook kennisse bevorder en as ons mense teiken en hulle uitnooi om iets oor hulle vakgebied te skryf. 'n Ander moontlikheid is kompetisies - dalk deur Pharos of HAT geborg... Ek moet egter bieg dat ek nog byna niks daaraan gedoen het nie. So vir nou is my strategie hier op die Wikipedia self:
- Skep kwaliteit "kern" artikels deur vertaling van voorblad artikels op die Engelse, Duitse en Franse Wikipedias.
- Skep ondersteunende kort artikels en saadjies oor die belangrikste onderwerpe in die kern artikels
- Verwyder onnodige rooi skakels - veral skakels na onderwerpe waar dit onwaarskynlik is dat iemand in die voorsienbare toekoms daaroor gaan skryf
Ek probeer in alle gevalle sorg dat die artikels op hulle eie kan staan en van goeie gehalte is. Selfs 'n saadjie kan nuttig wees as dit vir die leser 'n kort oorsig gee - dit moet dan darem iets meer sê as Stad X is 'n stad in Gauteng... Ideaal gesproke probeer ek om te sorg dat my artikels net so goed of beter as die Engelse ekwivalent is. Na my mening is die Duitse wikipedia se artikels gemiddeld van beter gehalte as die op die Engelse wikipedia. Daar is egter natuurlik baie hoogstaande artikels op die Engelse wikipedia. Moet egter nie aanvaar dat net omdat 'n artikel op die Engelse wikipedia voorblad status het dit noodwendig uitstekend is nie - daar is uitsonderings en soms word onbelangrike sake onnodig uitvoerig behandel.
Huidige projekte
- Verbetering van artikels waaraan ek lank terug gewerk het; veral die wat voorblad status behaal het soos Wallies, België, Argentinië en Kambodja.
- Skaak en verwante onderwerpe met die doel om die artikel oor skaak tot op voorbladstandaard te bring.