Transvaalkolonie
Die Transvaalkolonie (Engels: Transvaal Colony) is 'n voormalige kolonie van die Verenigde Koninkryk wat tussen 1902 en 1910 bestaan het. Dit moet onderskei word van "Transvaal" wat so genoem is toe Theophilus Shepstone 'n soortgelyke gebied in 1877 geannekseer het. Daar is ook die provinsie van Suid-Afrika wat "Transvaal" genoem is. Bykomend, is die geografiese gebied wat noord van die Vaalrivier lê, ook "Transvaal" genoem.
| ||||
Volkslied: God Save the King (1902–1910) God Save the Queen (1877–1881) | ||||
Ligging van die Transvaalkolonie, ca. 1890 | ||||
Hoofstad | Pretoria 25°44′S 28°11′O / 25.733°S 28.183°O | |||
Taal/Tale | Nederlands (geskryf), Afrikaans (gepraat), Engels (amptelik), Tswana, Zoeloe, Suid-Sotho | |||
Godsdiens | Nederduitse Gereformeerde Kerkfamilie, Anglikaanse Kerk | |||
Regering | Monargie | |||
Monarg | ||||
- 1902–1910 | Edward VII | |||
- 1910 | George V | |||
Eerste minister | ||||
- 1907–1910 | Louis Botha | |||
Goewerneur | ||||
- 1902–1905 | Alfred Milner | |||
- 1905–1910 | William Palmer | |||
Historiese tydperk | Wedloop om Afrika | |||
- Stigting | 12 April 1877 | |||
- Konvensie van Pretoria | 3 Augustus 1881 | |||
- Verdrag van Vereeniging | 31 Mei 1902 | |||
- Stigting van die Unie van Suid-Afrika | 31 Mei 1910 | |||
- Stigting van die Transvaal-provinsie | 31 Mei 1910 | |||
Bevolking | ||||
- 1904[1] skatting | 1 268 716 | |||
Geldeenheid | Pond sterling |
Ingevolge die Verdrag van Vereeniging, onderteken deur die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek namens sy burgers, het hulle koning Edward VII as hul soewereine heerser erken. Die gebied sou voortaan die Transvaalkolonie genoem word. In Junie 1902 is Sir Alfred Milner aangestel as goewerneur van die Transvaalkolonie. Die regeringstrukture is neergelê in 'n koninklike ope brief gedateer 23 September 1902. Ingevolge daarvan is 'n genomineerde uitvoerende- en wetgewende raad in die lewe geroep.[2]
Boereleiers het in 1904 hul eie politieke party gestig en dit Het Volk genoem. Louis Botha is as leier verkies. Die party het selfregering vir die Transvaal bepleit.[3] In 1905 het William Waldegrave Palmer die goewerneur van die Transvaal geword.
Die Liberale Party in Brittanje het die 1906 verkiesing gewen. Hulle het nog dieselfde jaar selfregering ("responsible government") aan die Transvaal toegeken. Die wetgewende liggaam sou uit twee kamers bestaan. Die "Legislative Council" sou 15 lede bevat en hulle sou deur die goewerneur aangewys word. Die "Legislative Assembly" sou 69 verkose lede hê. Volwasse blanke mans wat reeds ses maande in die kolonie woonagtig was, sou stemreg hê. Daar sou 6 ministers wees en hulle moes natuurlik die vertroue van die "Legislative Assembly" geniet. Die amptelike taal van die parlement sou Engels wees, maar toesprake kon ook in Hollands gemaak word. Sekere magte is nietemin deur die goewerneur behou.[4]
Die eerste verkiesing is in 1907 gehou. Het Volk het 37 van die 69 kiesafdelings verower en Louis Botha het eerste minister geword.
Die Transvaalkolonie het in 1910 deel van die Unie van Suid-Afrika geword.
Demografie
wysigRasverdeling
wysigBevolkingsgetalle volgens die 1904-sensus:[5]
Bevolkingsgroep | Getal | Persent (%) |
Swartes | 937 127 | 73,79 |
Blankes | 297 277 | 23,40 |
Bruines | 24 226 | 1,90 |
Asiërs | 11 321 | 0,89 |
Totaal | 1 269 951 | 100,00 |
Verwysings
wysig- ↑ (en) "Census of the British empire. 1901". Openlibrary.org. 1906. p. 161. Besoek op 30 September 2014.
- ↑ (en) Hahlo & Kahn, Union of South Africa, Juta & Company, Ltd, 1960, bl. 111.
- ↑ (en) Hahlo & Kahn, supra, bl. 111.
- ↑ (en) Hahlo & Kahn, supra, bl. 112
- ↑ (en) Smuts I: The Sanguine Years 1870–1919, W.K. Hancock, Cambridge University Press, 1962, bl. 219