Bespreking:Koronavirussiekte-2019
Jongste opmerking: 4 jaar gelede deur Aliwal2012 in onderwerp Versmelting
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Koronavirussiekte-2019-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
|||
|
| Artikelriglyne
|
Daaglikse bladtrekke van Koronavirussiekte-2019
'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel. Besoek intussen gerus die interaktiewe grafiek by pageviews.wmcloud.org. |
Versmelting
wysigDie siekte is nie dieselfde ding as die pandemie nie. Meer as 100 wikis maak 'n onderskeiding tussen die twee. - Rooiratel (kontak) 20:00, 22 Mei 2020 (UTC)
- As jy in ICU lê en aan 'n ventilator gekoppel is, het jy die siekte, of is jy 'n deel v.d. pandemie? -- Aliwal2012 21:06, 22 Mei 2020 (UTC)
- Altwee. Maar dit is nog steeds twee verskillende dinge. Jy is ook in die hospitaal, moet ons nou Hospitaal ook versmelt met met Koronaviruspandemie van 2019-2020? In elk geval die pandemie sal een dag tot 'n einde kom, maar dit beteken nie dat die siekte ophou bestaan nie. - Rooiratel (kontak) 06:56, 23 Mei 2020 (UTC)
- Moet enwiki byvoorbeeld en:1916 New York City polio epidemic versmelt met en:Polio ?- Rooiratel (kontak) 07:06, 23 Mei 2020 (UTC)
- Stem saam met Rooiratel. Beide kan 'n artikel regverdig aangesien dit twee verskillende fokus areas aanspreek. Sobaka (kontak) 07:11, 23 Mei 2020 (UTC)
- Ok, julle wen! Ek het die versmelt-banier afgehaal, was net bekommerd oor die vlaag verwante artikels wat nou oral kop uitsteek. Geniet die redigering! -- Aliwal2012 07:43, 23 Mei 2020 (UTC)