Bespreking:Piket-Bo-Berg
Jongste opmerking: 1 jaar gelede deur DaisySerene in onderwerp Topografiese kaart, en oorblyfsels
Hierdie bladsy is 'n besprekingsbladsy waar verbeteringe tot die Piket-Bo-Berg-artikel bespreek word. Hierdie bladsy is nie 'n forum vir 'n algemene bespreking van die artikel se onderwerp nie. |
|||
|
| Artikelriglyne
|
Daaglikse bladtrekke van Piket-Bo-Berg
'n Grafiek sou hier vertoon word, maar grafieke is tydelik afgeskakel. Besoek intussen gerus die interaktiewe grafiek by pageviews.wmcloud.org. |
Topografiese kaart, en oorblyfsels
wysigEk skryf hierdie boodskap vandag op 13 Oktober 2023.
- 'n Mens kan gratis topografiese kaarte vind by CapeFarmMapper 3 ( https://gis.elsenburg.com/apps/cfm/# ).
- Aan die regterbalk is vierkantjies bo, die BaseMaps.
- Klik daarop.
- Gaan na NGI.
- Klik op NGI Topocadastral 50K.
- Gaan nou na die Piketberge toe en jy kry 'n goeie beeld van die nuutste beelde en plaasname in die distrik.
- Die ou plaasname (in grys, met nommertjie by) is beslis nog hier te vinde, al het dit versplinter, onderverdeel en verbrokkel, naamlik:
- Tweefontein 81
- Moutons Valley 80
- Moutons Valley 79
- Voorste Valley 152
En laastens, Goedverwacht 146. Suidpunt (kontak) 15:24, 13 Oktober 2023 (UTC)
- Baie dankie vir jou boodskap Suidpunt!
- Ek wardeer regtigwaar jou inset, en is bly om van 'n nuwe kaart bron te leer.
- Ek skryf hierdie boodskap vandag, 16de Oktober. Ek is nogal 'n nuwe gebruiker en kort dus nogal baie hulp met artikels. Ek het die artikel op Piket-Bo-Berg bietjie probeer meer inlingting by te sit, maar is bewus dat dit nog glad nie professioneel lyk nie. Ek sal baie dankbaar vir enige-iemand wees wat daaraan wil werk. Ekskuus vir enige spelfoute. DaisySerene (kontak) 12:01, 16 Oktober 2023 (UTC)
- Dis doodreg; hou daarmee voort. Sodra mens 500 wysigings (edits) gemaak het, het jy o.a. toegang tot JSTOR se wetenskaplike artikels, Sabinet, Oxford, De Gruyter, Cambridge se allernuutste e-boeke, ens. via die Wikipedia Library. En die boeke kos jou nie 'n sent nie.
- Dit lyk my jy het grondige kennis van Piketberg, want om só vinnig bronne in die hande te kry is nie maklik nie. Dit duur jare om hulle te versamel. Ek weet, ek bly self op die platteland. En, te oordeel aan die bladsynommers, sê dit vir my ook hoe vertroud jy met die bronne is. Gaan asseblief daarmee voort, skryf daaroor.
- Waarom ek self Boerepioniers van die Sandveld (1985) het: my vriend bly 'n paar kilometer buitekant Moorreesburg, en ek versamel bietjie inligting oor daardie plek (vanoggend om middernag kon ek 'n boek oor die NG Gemeente daar bekom; ander bronne is skaars soos hoendertande), omdat dit ook 'n graangebied is soos by ons in die Overberg.
- Ek't hom trouens Vrydag/Saterdag gevra of hulle ook van Piket-Bo-Berg praat, en hy't ja gesê.
- Ek vind dit eintlik ironies hoe "bordjies verhang is", want in 'n Taal- en leesboek vir Duitsleerlinge van Sekondêre en Hoërskole (1944), deur P.H. de V. Uys, bl. 28-29, word uitvoerig geskryf oor Moorreesburg, 'n hele paragraaf vol, en net die volgende reëltjie oor Piketberg (p. 29):
- Wow. Hoe indrukwekkend.
- Maar byna 80 jaar later, en daar is meer boeke oor Piketberg geskryf! Gaan asseblief daarmee voort, want die een dorp en omliggende plase se geskiedenis beïnvloed ook die geskiedenis van die ander omliggende dorpe. Suidpunt (kontak) 16:47, 16 Oktober 2023 (UTC)
- Goeiedag Suidpunt. Ek kan nie beskyf hoeveel vreugde dit gebring het om nou hierdie boodskap te lees nie! Ek bekommer myself nogal op Wikipedia omrede daar nogal baie klein gebeurtenisse is wat ek nie altyd verstaan nie, (byvoorbeeld hoe om vir iemand "te dank"). Hoewel ek bietjie-bietjie (soos almal seker maar moet) daaroor leer.
- Om jou terugvoer en bemoediging te ontvang is vir my 'n berg van 'n verligting! (Woordspeling bedoel.) En ek voel vereer dat ek die kans kry om van 'n plattelandse geskiedenis belangsteller soos jou-self af te hoor. Dis vir my terselletyd verstommend en wonderlik dat die Afrikaans Wikipedia lede so betrokke by mekaar se geskiedenis is, en eintlik aspris navorsing daaroor doen! Die gedeelte wat jy aangestuur het van die Duitsleerlinge Taal-en leesboek is inderdaad indrukwekkend; Dat sulke klein dorpies (wat amper letterlik in die middel van nêrens is) aan oorseese studente geleer word is wraggies ongelooflik! En ek is verryk deur die vertellind daarvan!
- Ons (ek en my gesin) bly op die oomblik naaby Piketberg en het besluit om Wikipedia artikels te probeer oopmaak as 'n manier van self bietjie meer oor die omgewing te leer. Dis vir my nogal effektief met al die admins wat binne 'n dag al terugvoer gee, haha. 'n Interessante uitdaging.
- Ons het vriende wat op die Piket-Bo-Berg bly en een van hulle het vir ons "Die berg Piketberg en sy Mense" deur Thuys du Preez geleen. Ek is ongelooflik dankbaar vir dié boek. Meeste van my navorsing kry ek hieruit, omrede daar talle verwysings is wat die skrywer aan ander boeke oor die area maak. Hy het ook deeglike navorsing oor die Piketberg gedoen. Hoewel dit meer narratief as ensiklopedies geskryf is, is dit my grootste bron! Andersins sou ek nooit al die bronne self kon versamel het nie.
- Dankie vir die gesprek! DaisySerene (kontak) 11:30, 17 Oktober 2023 (UTC)