Bespreking:Tswaing-krater

Jongste opmerking: 2 maande gelede deur Rooiratel in onderwerp Korrekte naam

Korrekte naam

wysig

Die krater se amptelik naam is Tswaing-krater‎. Oesjaar (kontak) 15:08, 23 September 2024 (UTC)Beantwoord

Reg so, ek het maar net die duplikaat bladsye versmelt. Verander gerus die titel. - Rooiratel (kontak) 16:35, 23 September 2024 (UTC)Beantwoord
Agtergrond - Iemand van Tshwane bewaring/parke of iets ken Woordgenoot en vir haar gesê dat hy dink die bestaande artikel is swak en vir haar die bronne gegee. Sy het na 'n bietjie loer belsuit om eerder 'n nuwe artikel te skep wat sy Tswaing-krater‎ genoem het, volgens die bronne. Dit was net makliker as om die bestaande by te werk. Ek en sy het langs mekaar gesit laas week by die SAAAWK simposium en met haar daaroor gepraat. Nadat sy klaar was, het sy my gevra om die ou artikel te skrap, wat ek nog nie gedoen het soos jy wel kan sien. Jy het maar die artikels versmelt, wat nie nodig was nie, sonder om na die bronne te kon kyk en die naam te verander soos JY dink dit is, nie wat die bronne sê nie. Ek vra mooi, maak dit reg soos dit was en sal die ou artkel verwyder. Groete. Oesjaar (kontak) 16:51, 23 September 2024 (UTC)Beantwoord
Die rede hoekom ek dit so doen, is omdat die oorspronklike artikel reeds gekoppel is aan die Wikidata item vir die onderwerp. As mens nou 'n nuwe artikel skep en die ou een skrap, dan veroorsaak dit 'n gemors.
Ek kan verstaan dat party keer is 'n artikel (of deel daarvan) so swak dat dit makliker is om dit net heeltemal oor te skryf. Maar in daai geval, asseblief tog: herskryf net die inhoud van die bladsy. As jy dan tevrede is met die inhoud, dan kan jy die bladsy se titel verander (Skuif). Dan is dit nog steeds aan die korrekte wikidata item gekoppel, en ons het nie 'n gemors van duplikate bladsye nie.
M.b.t. hierdie bladsy, ek het niks van Woordgenoot se inhoud verander nie. Ek het geen van die bronne verander nie. Daar is twee afdelings "Krater" en "Natuurreservaat" wat op die oorspronklike bladsy was. Ek het geen rede gesien om hulle te skrap nie, so na die versmelting is hulle nog steeds daar. As daar enige probleme met die twee afdelings is, dan is dit maklik om te verander sonder om enige van Woordgenoot se werk te verander nie.
M.b.t. die titel: ek sal dit nou verander na "Tswaing-krater" as jy dit nie wil doen nie. Maak ek weier om nou weer 'n "nuwe" artikel te skep, net om 'n bestaande een dan te skrap. - Rooiratel (kontak) 17:19, 23 September 2024 (UTC)Beantwoord
Terug na "Tswaing-krater"-bladsy.