Bosvark
Die Bosvark (Potamochoerus larvatus) is 'n dier wat aan die ooskus gebied van Suid-Afrika, die Limpoporivier en oor feitlik die hele Zimbabwe en Mosambiek voorkom. Die dier lyk meer soos 'n vlakvark as na 'n gewone vark.
Bosvark | |
---|---|
Bosvark (P. larvatus koiropotamus) by die San Diego-dieretuin. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. larvatus
|
Binomiale naam | |
Potamochoerus larvatus (F. Cuvier, 1822)
| |
Bou en kleur
wysigDie kleur varieer van grysbruin tot donkerbruin en word donkerder met die jare. Die maanhare is ligter en kan opgelig word. Die gesig is ligter van kleur en onder na die bene word dit swart. Die slagtande is kort en skerp. Hulle verkil verder van vlakvarke omdat hulle nie sulke prominente vratte het nie en die tande is kleiner, die snoete is smaller en die ore skerper gepunt.
Bere
wysigDie bere word tot 82 kg swaar en is swaarder as die sôe.
Sôe
wysigDie sôe het 'n dratyd van ±4 maande en tussen November en Januarie word van drie tot agt kleintjies gebore.
Ander feite
wysigHulle natuurlike vyande is luiperds. Bosvarke vreet hoofsaaklik wortelstokke, bolle, knolle maar ook blare, groente, erdwurms en vrugte. Hulle vorm troppe van 6 tot 12 diere en kom voor in of naby ruigtes, rivierbosse en rietkolle naby water.
Subspesies sluit in:
- Potamochoerus larvatus larvatus
- Potamochoerus larvatus edwardsi
- Potamochoerus larvatus hassama
- Potamochoerus larvatus koiropotamus
- Potamochoerus larvatus nyasae
- Potamochoerus larvatus somaliensis
Sien ook
wysigBron
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Potamochoerus larvatus. |
- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. ISBN 978 1 875093 46 5. 2009
Verwysings
wysig- ↑ Seydack. A. (2008). Potamochoerus larvatus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 5 April 2009.