Bredasdorplelie
plantspesie
Die Bredasdorplelie (Cyrtanthus guthrieae) is blomdraende plant en geofiet wat hoort tot die familie Amaryllidaceae. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom op die Bredasdorpberge voor. Dit het 'n voorkomsgebied van slegs 6 km² en daar is 'n aantal subpopulasies wat in totaal uit 250 plante bestaan. Die plant het reeds van sy habitat afgestaan aan landbou aktiwiteite en dit word steeds bedreig deur oorbeweiding, vertrapping deur vee en indringerplante.
Bredasdorplelie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Amaryllidaceae |
Subfamilie: | Amaryllidoideae |
Genus: | Cyrtanthus |
Spesie: | C. guthrieae
|
Binomiale naam | |
Cyrtanthus guthrieae L.Bolus, 1921
|
In Engels staan dit bekend as die Bredasdorp Lily.