Cannes-rolprentfees 1985
Die 38ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 8-20 Mei 1985 gehou. Die Tsjeggiese akteur, regisseur en draaiboekskrywer Miloš Forman was die voorsitter van die jurie. Altesaam 41 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Cannes-rolprentfees 1985
| ||
Datum | 8-20 Mei 1985 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 20 (In Kompetisie) 17 (Un Certain Regard) 4 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | Witness | |
Afsluitingsfliek | The Emerald Forest | |
Palme d'Or | When Father Was Away on Business |
Die Joego-Slawiese rolprent When Father Was Away on Business (Otac na sluzbenom putu) van die regisseur Emir Kusturica het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met Peter Weir se Witness en afgesluit met The Emerald Forest van John Boorman.[3][4][5] Op die fees is eer betoon aan die Amerikaanse akteur James Stewart en is ’n gerestoureerde weergawe van sy 1954-rolprent The Glenn Miller Story van die regisseur Anthony Mann vertoon.[6]
Belangrikste fliekpryse
wysigPrys | Rolprent | Regisseur | Land |
---|---|---|---|
Palme d'Or | When Father Was Away on Business (Otac na sluzbenom putu) | Emir Kusturica | Joego-Slawië |
Grand Prix | Birdy | Alan Parker | VSA |
Caméra d'Or | Oriana | Fina Torres | Venezuela |
Jurieprys | Colonel Redl (Redl ezredes) | István Szabó | Hongarye |
Kortfilm-Palme d'Or | Mariage (Jenitba) | Slav Bakalov, Rumen Petkov | Bulgarye |
Tegniese Grand Prix | Insignificance | Nicolas Roeg | Brittanje |
Ander pryse
wysigPrys | Wenner | Rolprent | Land |
---|---|---|---|
Beste regisseur | André Téchiné | Rendez-vous | Frankryk |
Beste kunsbydrae | John Bailey, Eiko Ishioka, Philip Glass | Mishima: A Life in Four Chapters | VSA |
Beste akteur | William Hurt | Kiss of the Spider Woman | Brasilië |
Beste aktrise | Norma Aleandro Cher |
The Official Story Mask |
Argentinië VSA |
Verwysings
wysig- ↑ Meisler, Stanley (21 Mei 1985). "Unusual Choice For Cannes Jury : Yugoslav Film Snares Golden Palm". Los Angeles Times. Besoek op 10 Desember 2013.
- ↑ "1985 - The last Congratulations" (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2018. Besoek op 10 Desember 2013.
- ↑ Harmetz, Aljean (9 Mei 1985). "Strong U.S. Presence At 38th Cannes Festival". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2019. Besoek op 10 Desember 2013.
- ↑ "Celebrating 'Le Cinema' In Cannes" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 10 Desember 2013.
- ↑ Mathews, Jack (20 Mei 1998). "Boorman Is Back on the Cannes Beat". Los Angeles Times. Besoek op 10 Desember 2013.
- ↑ "Stereo Version Of `Glenn Miller Story` A Sound Piece Of Show Biz". Chicago Tribune (in Engels). 12 Mei 1985. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2017. Besoek op 10 Desember 2013.
Eksterne skakels
wysig- Fees se amptelike webtuiste
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia