Carolina
dorp in Suid-Afrika
Carolina is 'n dorp in Mpumalanga in Suid-Afrika geleë op die hoofroete (R33 en R38) tussen Johannesburg en eSwatini. Carolina lê op 'n hoogte van 1 710 meter bo seevlak en staan bekend vir sy buitengewoon koue winters. Dit is 'n gemengde boerdery, kleinskaal steenkool- en edelgesteente-myngemeenskap.
Carolina | |
---|---|
Dorp | |
Koördinate: 26°04′01″S 30°07′01″O / 26.06694°S 30.11694°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Albert Luthuli |
Stigting | 1883 |
Oppervlak | |
• Totaal | 14,66 km2 (5,66 vk. myl) |
Hoogte | 1 710 m (5 610 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 16 846 |
• Digtheid | 1 149/km2 (2 980/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.4% |
• Indiërs/Asiërs | 2.0% |
• Bruin mense | 0.6% |
• Swart mense | 86.8% |
• Ander | 0.1% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 50.6% |
• Swazi | 25.8% |
• Afrikaans | 10.6% |
• Engels | 4.2% |
• Ander | 8.8% |
Poskode (strate) | 1185 |
Poskode (posbusse) | 1185 |
Skakelkode | 017 |
Die dorp is deur Cornelius Coetzee na sy vrou, Carolina, vernoem. Coetzee het die dorp gestig as 'n permanente uitspanplek vir waens toe goud in 1883 in Barberton ontdek is. Die dorp is herbou nadat dit in die Tweede Vryheidsoorlog vernietig is. Die Komatirivier, wat deur die Komatikloof vloei, is in die omgewing geleë.
Sien ook
wysigEksterne skakels
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Carolina". Sensus 2011.