Chaemwaset (20ste Dinastie)
Chaemwaset of Chaemwase was 'n antieke Egiptiese prins, die seun van farao Ramses III. Soms is hy Ramses Chaemwaset genoem.[1]
Chaemwaset | |
---|---|
Prins van Egipte | |
Chaemwaset (regs) en sy pa, Ramses III.
| |
Begrawe | QV44, Vallei van die Koninginne, Thebe |
Dinastie | 20ste Dinastie van Egipte |
Vader | Ramses III |
Lewe
wysig
| |||||
Chaemwaset in hiërogliewe |
---|
Nes baie van sy broers is hy genoem na 'n seun van Ramses II, en nes dié Chaemwaset was hy 'n priester van Ptah in Memphis (maar nie soos sy naamgenoot die hoëpriester nie).[2] Hy word uitgebeeld in sy vader se tempel by Medinet Haboe.[1] Beide Chaemwaset en sy broer Pareherwenemef word "die koning se oudste seun" genoem, wat waarskynlik beteken hulle was die oudste seuns van verskillende moeders.[3]
Sy goed bewaarde grafkelder, QV44 in die Vallei van die Koninginne, is in 1903-'04 deur Italiaanse argeologoë uitgegrawe.[4] 'n Doodsfles van hom is nou in die Egiptiese Museum in Kaïro; sy sarkofaag en moontlik mummie is in die Museo Egizio in Turyn.[5]
Hy het sy vader oorleef en is begrawe tydens die bewind van Ramses IV, aangesien dié op sy sarkofaag genoem word.[4]
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 Dodson, Aidan; Hilton, Dyan (2004). The Complete Royal Families of Ancient Egypt. Londen: Thames & Hudson. ISBN 0-500-05128-3., p.192
- ↑ Dodson & Hilton, op.cit., p.186
- ↑ Dodson & Hilton, op.cit., p.190
- ↑ 4,0 4,1 Alberto Siliotti: Guide to the Valley of the Kings. Barnes and Noble (1997). ISBN 88-8095-496-2
- ↑ Dodson & Hilton, op.cit., p.193
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chaemwaset (20ste Dinastie).
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.