Corycium ingeanum
Plantspesie
Corycium ingeanum is 'n meerjarige geofiet wat deel van die Orchidaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap in die Bokkeveldberge-eskarp voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 189 km² en 85% van sy habitat is reeds omgeploeg vir die verbouing van koring. Daar is tien subpopulasies en net een het meer as 100 individuele plante. Die spesie is deel van die fynbos.
Corycium ingeanum | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Corycium |
Spesie: | C. ingeanum
|
Binomiale naam | |
Corycium ingeanum E.G.H.Oliv., (1986)
| |
Sinonieme | |
|