Cyrtanthus angustifolius

plantspesie

Die brandlelie (Cyrtanthus angustifolius) is 'n blomdraende plant en geofiet wat hoort tot die familie Amaryllidaceae en is endemies aan die Oos-Kaap en die Wes-Kaap waar dit deel van die fynbos-bioom is. Dit staan ook as die rooibergpypie of rooipypie bekend. Die plant word tot 45 cm hoog en die blare is groen wanneer dit blom. Dit groei op berghellings en vlaktes in seisoenale strome en vleie. Die plant blom nadat dit gebrand het.

Brandlelie
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eensaadlobbiges
Orde: Asparagales
Familie: Amaryllidaceae
Subfamilie: Amaryllidoideae
Genus: Cyrtanthus
Spesie:
C. angustifolius
Binomiale naam
Cyrtanthus angustifolius
(L.f.) Aiton, 1789
Sinonieme
  • Amaryllis cylindracea L'Hér.
  • Amaryllis falcata J.Lee ex Steud.
  • Crinum angustifolium L.f.
  • Cyrtanthus coccineus M.Roem.
  • Monella angustifolia (L.f.) Herb.
  • Timmia angustifolia (L.f.) J.F.Gmel.

Bronne

wysig