David Beckham
David Robert Joseph Beckham (gebore op 2 Mei 1975 in Leytonstone, Londen) is 'n voormalige Engelse sokkerspeler. Hy het as middelveldspeler vir Manchester United, Real Madrid en Los Angeles Galaxy uitgedraf. Van 2001 tot 2006 was hy die kaptein van Engeland se nasionale sokkerspan. Hy het sy 100ste wedstryd vir Engeland in Maart 2008 teen Frankryk gespeel. Becks, soos hy ook bekend staan, is een van die rykste en beroemdste sokkerspelers ter wêreld.[2]
David Beckham in 2014 | |||
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | David Robert Joseph Beckham[1] | ||
Gebore | 2 Mei 1975[1] | ||
Geboorteplek | Leytonstone, Londen, Engeland | ||
Lengte | 1,83 m[1] | ||
Speelposisie | Middelveldspeler | ||
Jeugloopbaan | |||
Tottenham Hotspur | |||
Brimsdown Rovers | |||
1991–1993 | Manchester United | ||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
1992–2003 | Manchester United | 265 | (62) |
1994–1995 | → Preston North End (leen) | 5 | (2) |
2003–2007 | Real Madrid | 116 | (13) |
2007–2012 | LA Galaxy | 98 | (18) |
2009 | → Milan (leen) | 18 | (2) |
2010 | → Milan (leen) | 11 | (0) |
2013 | Paris Saint-Germain | 10 | (0) |
Totaal | 523 | (97) | |
Nasionale span | |||
1992–1993 | Engeland O18 | 3 | (0) |
1994–1996 | Engeland O21 | 9 | (0) |
1996–2009 | Engeland | 115 | (17) |
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). |
Private lewe
wysigBeckham trou op 4 Julie 1999 met Victoria Adams ('n sangeres wat 'n lid van die Britse popgroep Spice Girls was) in Luttrellstown Castle naby Dublin in Ierland. David en Victoria het drie seuns en een dogter: Brooklyn (1999 in Londen), Romeo (2002 in Londen), Cruz (2005 in Madrid) en Harper Seven (2011 in Los Angeles. Brooklyn het sy naam gekry omdat die paartjie in New York agtergekom het dat sy swanger was. Brooklyn is later in Kopenhagen gebore.
Loopbaan
wysigSeisoen | Klub | Wedstryde | Doelpunte | Kompetisie |
---|---|---|---|---|
1992/1993 | Manchester United | 0 | 0 | Premiership |
1993/1994 | Manchester United | 0 | 0 | Premiership |
1994/1995 | Preston North End | 5 | 2 | The Championship |
Manchester United | 4 | 0 | Premiership | |
1995/1996 | Manchester United | 33 | 7 | Premiership |
1996/1997 | Manchester United | 36 | 7 | Premiership |
1997/1998 | Manchester United | 37 | 9 | Premiership |
1998/1999 | Manchester United | 34 | 6 | Premiership |
1999/2000 | Manchester United | 31 | 6 | Premiership |
2000/2001 | Manchester United | 32 | 9 | Premiership |
2001/2002 | Manchester United | 28 | 11 | Premiership |
2002/2003 | Manchester United | 31 | 6 | Premiership |
2003/2004 | Real Madrid | 32 | 3 | Primera División |
2004/2005 | Real Madrid | 30 | 4 | Primera División |
2005/2006 | Real Madrid | 31 | 3 | Primera División |
2006/2007 | Real Madrid | 23 | 3 | Primera División |
2007 | LA Galaxy | 5 | 0 | Major League Soccer |
2008 | LA Galaxy | 25 | 5 | Major League Soccer |
2009 | LA Galaxy | 11 | 2 | Major League Soccer |
2010 | LA Galaxy | 7 | 2 | Major League Soccer |
2011 | LA Galaxy | 26 | 2 | Major League Soccer |
2012 | LA Galaxy | 24 | 7 | Major League Soccer |
2013 | Paris Saint-Germain | 10 | 0 | Ligue 1 |
Totaal | 523 | 97 |
Verwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 Hugman, Barry J., red. (2003). The PFA Footballers' Who's Who 2003/2004. Harpenden: Queen Anne Press. p. 42. ISBN 978-1-85291-651-0.
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Eksterne skakels
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met David Beckham. |
- (en) David Beckham se amptelike webwerf
- (en) Die David Beckham Akademie Geargiveer 25 Maart 2010 op Wayback Machine