Desdemona (maan)

Daar is ook ’n kleinplaneet met die naam "666 Desdemona".

Desdemona is ’n binnemaan van Uranus. Dit is op 13 Januarie 1986 ontdek op foto's wat deur Voyager 2 geneem is en het die voorlopige naam S/1986 U 6 gekry.[5] Dit is daarna genoem na Desdemona in William Shakespeare se toneelstuk Othello. Dit het ook die naam Uranus X.[6]

Desdemona   

Ontdekkingsfoto van Desdemona.
Ontdekking
Ontdek deur Stephen P. Synnott / Voyager 2
Datum 13 Januarie 1986
Kleinplaneet-benamingUranus X
Wentelbaaneienskappe
Wentelbaanradius 62 658,364 ± 0,047 km[1]
Wentelperiode 0,473649597 ± 0,000000014 d[1]
Baanhelling 0,11252 ± 0,037° (tot Uranus se ewenaar)[1]
Satelliet van Uranus
Fisiese eienskappe
Afmetings 90 × 54 × 54 km[2]
Gem. radius 32 ± 4 km[2][3][4]
Oppervlakte ~14 500 km²[nota 1]
Volume ~164 000 km³[nota 1]
Massa ~1 8×1017 kg[nota 1]
Gem. digtheid ~1 3 g/cm³ (veronderstel)[3]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
~0,011 m/s2[nota 1]
Ontsnapping-
snelheid
~0,027 km/s[nota 1]
Rotasieperiode Sinchronies[2]
Ashelling 0[2]
Temperatuur ~64 K[nota 1]

Desdemona behoort tot die Portiagroep satelliete, wat ook Bianca, Perdita, Cressida, Juliet, Rosalind, Kupido, Belinda en Portia insluit.[7] Dié mane het soortgelyke wentelbane en fotometriese eienskappe.[7] Buiten sy wentelbaan,[1] radius van 32 km[2] en geometriese albedo van 0,08[7] is feitlik niks oor Desdemona bekend nie.

Op die Voyager 2-foto's lyk Desdemona soos ’n lang voorwerp, waarvan die lengteas na Uranus wys. Die verhouding van die asse is 0,6 ± 0,3.[2] Die oppervlak het ’n grys kleur.[2]

Desdemona kan binne die volgende 100 miljoen jaar teen die naburige maan Cressida (of dalk Juliet) bots.[8]

Sien ook

wysig

Notas

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 Bereken uit ander parameters.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Jacobson, R. A. (1998). "The Orbits of the Inner Uranian Satellites From Hubble Space Telescope and Voyager 2 Observations". The Astronomical Journal. 115 (3): 1195–1199. Bibcode:1998AJ....115.1195J. doi:10.1086/300263. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 2,6 Karkoschka, Erich (2001). "Voyager's Eleventh Discovery of a Satellite of Uranus and Photometry and the First Size Measurements of Nine Satellites". Icarus. 151 (1): 69–77. Bibcode:2001Icar..151...69K. doi:10.1006/icar.2001.6597.
  3. 3,0 3,1 "Planetary Satellite Physical Parameters". JPL (Solar System Dynamics). 24 Oktober 2008. Besoek op 12 Desember 2008.
  4. Williams, Dr. David R. (23 November 2007). "Uranian Satellite Fact Sheet". Nasa (National Space Science Data Center). Besoek op 12 Desember 2008.
  5. Smith, B.A. (16 Januarie 1986). "Satellites of Uranus". IAU Circular. 4164. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2011. Besoek op 29 Oktober 2011.
  6. "Planet and Satellite Names and Discoverers". Gazetteer of Planetary Nomenclature. USGS Astrogeology. 21 Julie 2006. Besoek op 6 Augustus 2006.
  7. 7,0 7,1 7,2 Karkoschka, Erich (2001). "Comprehensive Photometry of the Rings and 16 Satellites of Uranus with the Hubble Space Telescope". Icarus. 151 (1): 51–68. Bibcode:2001Icar..151...51K. doi:10.1006/icar.2001.6596.
  8. Duncan, Martin J.; Lissauer, Jack J. (1997). "Orbital Stability of the Uranian Satellite System". Icarus. 125 (1): 1–12. Bibcode:1997Icar..125....1D. doi:10.1006/icar.1996.5568. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)

Skakels

wysig
  •   Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die vertaal.