Die Keiser (tarotkaart)
Die Keiser is die vierde troefkaart of Groot Arcana-kaart in 'n tradisionele pak tarotkaarte. Dit word in kaartspeletjies én waarsêery gebruik.
Beskrywing
wysigDie Keiser sit op 'n toon wat versier is met ramkoppe, die simbool van Mars. Nog 'n ramkop kan op sy mantel gesien word. Sy lang wit baard verteenwoordig wysheid.[1] Hy hou 'n septer met 'n anch in sy regterhand en 'n bol, 'n simbool van oorheersing, in sy linkerhand. Sy troon staan op 'n kaal berg, 'n teken van "steriliteit van regulering en onwrikbare mag."[2] Hy verteenwoordig die bopunt van die sekulêre hiërargie, die volmaakte man en die superego. Die keiser is die onvoorwaardelike heerser van die wêreld.
In astrologie word Die Keiser verbind met die manlike vuurteken van die Ram, die woningteken van Mars wat deur die ram gesimboliseer word.[3]
Geskiedenis
wysigDie basiese eienskappe van Die Keiser se kaart het min deur die eeue verander. Die Keiser beland soms midde-in die sensuur van Die Pousin (Die Hoëpriesteres) en Die Pous (Die Opperpriester), soos toe die kaartmakers in Bologna die Pousin, Pous, Keiserin en Keiser met vier More of Turke vervang het.
Vertolking
wysigVolgens A.E. Waite se boek van 1910 Pictorial Key to the Tarot, het Die Keiser verskeie verbintenisse in waarsêery:
Die Keiser se sleutelwoorde
REGOP: Mag, die establishment, struktuur, 'n vaderfiguur
OMGEKEER: Oorheersing, te veel beheer, 'n gebrek aan dissipline, onbuigsaamheid[4]
Verwysings
wysig- ↑ "The Emperor Tarot Card". www.keen.com. Besoek op 16 Februarie 2017.
- ↑ Gray, E. (1960). The tarot revealed: A modern guide to reading the tarot cards. New York, N.Y.: Bell Publishing Company.
- ↑ "A Taste of Tarot: Aries & The Emperor". Tarot.com (in Engels (VSA)). Besoek op 14 Julie 2023.
- ↑ "The Emperor Tarot Card Meanings". www.biddytarot.com/.
Skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Die Keiser (tarotkaart).
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.