Die Prince van Pretoria
Afrikaanse rolprent
Die Prince van Pretoria (sic) is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1993 uitgereik is. Die rolprent het 'n begroting van ongeveer 1 miljoen rand gehad. Die persoon waarop die prent gebaseer is, Glendon Macgregor, het homself op 15 Julie 1993 op 21-jarige ouderdom in 'n parkade vergas.[1]
Die Prince van Pretoria | |
---|---|
Regisseur | Franz Marx |
Produksieleier | Deon van Zyl |
Met | Philip Moolman Illse Roos Bill Flynn |
Uitgereik | 1993 |
Speeltyd | 93 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n komedie.
Hoofrolspelers
wysig- Philip Moolman as Jon Brown
- Illse Roos as Amanda du Toit
- Bill Flynn as Dolf Beukes
- Sandra Prinsloo as Cordelia de la Rey van Rensburg
- Soli Philander as Van Schalkwyk
- Franz Gräbe as Brook
- Robin Smith as Cragge
- Eghard van der Hoven as Prof. Scholtz
- Flakie Lakie as Poppie
- Eric Nobbs as Jacobus van Rensburg
- James Borthwick as Tommy Prinsloo
- Christine Basson as Landlady
- Sandra Kotze as Mev. du Toit
- Glendon McGregor as Glendon
- Kerneels Coertzen as Louw die hotelbestuurder
- Ivan Dean as Van Wyk
- Dehan Liebenberg as Wynand Jansen
- Ronelle Kriel as Ronel Viviers
- Henriëtta Gryffenberg as Suzanne du Plooy
- André Verster as burgemeester Jacques Malan
- Tilana Hanekom as Mev. Malan
- Danny Mbusi as Chauffeur
- Mimi Coertse as haarself
- Nataniël as homself
Storielyn
wysigDie rolprent is gebaseer op 'n ware gebeurtenis in Pretoria in 1990,[2] toe 'n jong man skielik sy verskyning as die kroonprins van Liechtenstein maak. Vir 14 dae word hy getrakteer op alles wat Pretoria op sy beste aan so 'n vorstelike besoeker kon bied, insluitend 'n wedstryd van die Blou Bulle op Loftus Versfeld, voordat konsternasie uitbreek as die plaaslike kelner van Sunnyside net so skielik verdwyn as wat hy verskyn het.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ Prins van Pretoria sterf ná sy laaste onthaal in hoofstad, Die Beeld, 16 Julie 1993
- ↑ Die Prince van Pretoria op IMDb