Dinocephalia
Dinocephalia, of die dinosefaliërs, is ’n klade vroeë, swaarlywige terapsides wat vir ’n kort tyd in die Middel-Perm, tussen 270 miljoen en 260 miljoen jaar gelede, floreer het.[1] Hulle het daarna uitgesterf en geen nakomelinge agtergelaat nie. Daar was plant-, vleis- en allesvreters.[2] Baie spesies het verdikte skedels gehad met baie knoppe em benerige uitsteeksels. Fossiele is ontdek in Suid-Afrika, Rusland, China, Brasilië, Zimbabwe en Tanzanië.[3][4]
Dinocephalia | |
---|---|
Struthiocephalus. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Dinocephalia† (Seeley, 1895)
|
Klades | |
Sien teks. |
Beskrywing
wysigBenewens die Biarmosuchia is die dinosefaliërs die mins ontwikkelde terapsides, hoewel hulle op hulle manier uniek gespesialiseerd was. Hulle het verskeie primitiewe eienskappe gehad, maar het ook ’n paar terapside-aanpassings gehad, soos die uitbreiding van die ilium en regopper ledemate. Sommige was half aangepas vir ’n waterleefstyl, terwyl ander volle landdiere was.
Hulle was van die grootste diere van die Perm-periode; net die Caseidae en Pareiasauridae was groter.
Van die plantvretende spesies was tot 4,5 meter lank en het tot 2 ton geweeg. Die grootste vleisvreters was net so lank, het swaar skedels van omtrent 80 cm lank gehad en het omtrent ’n halwe ton geweeg.
Evolusiegeskiedenis
wysig
| |||||||||||||||||||||||||||
Filogenie van Dinocephalia volgens Fraser-King et al., 2019[5] |
Die dinosefaliërs was ’n antieke groep en hulle agtergrond is nie duidelik nie. Daar word aangeneem hulle het in die vroeë deel van die tydsnede Roadium ontstaan, of selfs in die Kungurium, maar geen spoor is gevind nie. Die diere se getalle het toegeneem ten koste van die sterwende Pelycosauria, wat in die vroeë Perm oorheers het.
Tydens die Wordium en vroeë Capitanium het gevorderde dinosefaliërs ontwikkel in ’n groot aantal plantvretende vorme en hulle het ’n uiteenlopende megafauna verteenwoordig. Dit is bekend uit die Tapinocephalus-biosone van die Karoo in Suid-Afrika.
Toe hulle diversiteit ’n hoogtepunt bereik (middel- of laat Capitanium) het hulle skielik uitgesterf. Die rede is nie bekend nie, hoewel siektes, ’n skielike klimaatsverandering of ander omgewingsfaktore ’n rol kon gespeel het. Hulle plek is ingeneem deur die veel kleiner terapsides; die plantvretende Dicynodontia en vleisvretende Biarmosuchia, Gorgonopsia en Therocephalia.
Taksonomie
wysig- KLAS SYNAPSIDA
- Orde THERAPSIDA
- Suborde DINOCEPHALIA
- ?Eccasaurus
- ?Pelosuchus
- ?Tappenosaurus
- Familie Estemmenosuchidae
- Estemmenosuchus
- Molybdopygus
- ?Parabradysaurus
- ?Familie Phreatosuchidae
- Phreatosaurus
- Phreatosuchus
- ?Familie Phthinosuchidae
- Phthinosuchus
- ?Familie Rhopalodontidae
- ?Phthinosaurus
- Rhopalodon
- Klade Anteosauria
- Familie Anteosauridae
- Familie Brithopodidae
- Familie Deuterosauridae
- Klade Tapinocephalia
- ?Dimacrodon
- Familie ?Driveria|Driveriidae
- Familie ?Mastersonia|Mastersoniidae
- Familie Styracocephalidae
- Familie Tapinocephalidae
- Familie Titanosuchidae
- Suborde DINOCEPHALIA
- Orde THERAPSIDA
Verwysings
wysig- ↑ Day, Michael O.; Guven, Saniye; Abdala, Fernando; Jirah, Sifelani; Rubidge, Bruce; Almond, John (2015). "Youngest dinocephalian fossils extend the Tapinocephalus Zone, Karoo Basin, South Africa". South African Journal of Science. 111: 1–5.
- ↑ Nicolas, Merrill; Rubidge, Bruce S. (2010). "Changes in Permo-Triassic Terrestrial tetrapod ecological representation in the Beaufort Group (Karoo Supergroup) of South Africa". Lethaia. 43: 45–59. doi:10.1111/j.1502-3931.2009.00171.x.
- ↑ Angielczyk, K. D. (2009). "Dimetrodon is Not a Dinosaur: Using Tree Thinking to Understand the Ancient Relatives of Mammals and their Evolution". Evolution: Education and Outreach. 2 (2): 257–271. doi:10.1007/s12052-009-0117-4.
- ↑ Simon, Rachel V.; Sidor, Christian A.; Angielczyk, Kenneth D.; Smith, Roger M. H. (2010). "First record of a Tempinocephalid (Therapsida: Dinocephalia) from the Ruhuhu Formation (Songea Group) of Southern Tanzania". Journal of Vertebrate Paleontology. 30 (4): 1289–1293. doi:10.1080/02724634.2010.483549.
- ↑ Fraser-King, Simon W.; Benoit, Julien; Day, Michael O.; Rubidge, Bruce S. (2019). "Cranial morphology and phylogenetic relationship of the enigmatic dinocephalian Styracocephalus platyrhynchus from the Karoo Supergroup, South Africa". Palaeontologia Africana. 54: 14–29.
Verdere leesstof
wysig- Carroll, R.L. (1988), Vertebrate Paleontology and Evolution, WH Freeman & Co.
Skakels
wysig- Dinocephalia by Palaeos
- Dinocephalia Geargiveer 17 Oktober 2013 op Wayback Machine by Palaeocritti
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.