Disa forficaria
plantspesie
Disa forficaria is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap. Die plant kom voor by Kaapse Skiereiland, Du Toitskloof, Hottentots Hollandberge, Houwhoek en Groenlandberg. Daar is slegs vyf plante by 'n herbarium wat almal voor 1966 versamel is. Sedertdien is die plant nie weer gesien nie.
Disa forficaria | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. forficaria
|
Binomiale naam | |
Disa forficaria Bolus, (1896)
| |
Sinonieme | |
|