Disa introrsa
plantspesie
Disa introrsa is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort en is deel van die fynbos. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap. Die plant kom op die suidelike helling van die Skurweberg in die Koue Bokkeveld voor, op hoogtes van 1 000 - 1 190 m. Die plant het 'n voorkomsgebied van slegs 10 km2 en daar is twee sub populasies, 5 km van mekaar af. Die een bestaan het minder as 10 plante, die ander 20 tot 30. Die plant blom net na 'n brand en is moontlik een van die redes hoekom dit so min gesien word. Beide word bedreig deur gewasverbouing en damkonstruksie.
Disa introrsa | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. introrsa
|
Binomiale naam | |
Disa introrsa Kurzweil, Liltved & H.P.Linder, (1997)
|