Disa sankeyi
plantspesie
Disa sankeyi is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort. Die plant is inheems aan Eswatini, KwaZulu-Natal, Lesotho en die Oos-Kaap en kom in die Drakensberge op hoogtes van 2400–3000 m voor. Die populasie in die Oos-Kaap word bedreig deur gewasverbouing, die aanplant van plantasies en oorbeweiding. Die populasie in KwaZulu-Natal word nie bedreig nie.
Disa sankeyi | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. sankeyi
|
Binomiale naam | |
Disa sankeyi Rolfe, (1913)
| |
Sinonieme | |
|