Elandsbaai
Elandsbaai is 'n klein kusdorpie aan die Atlantiese Oseaan, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie lê aan die mond van die Verlorenvleistroom wat in 'n moeras met dieselfde naam eindig. Die moeras is 'n blyplek vir enorme getalle water- en ander voëls. Simon van der Stel het die moeras al gedurende 1685 besoek. Elandsbaai is suid van Lambertsbaai.
Elandsbaai | |
---|---|
Dorp | |
Sononder in Elandsbaai | |
Koördinate: 32°18′0″S 18°19′0″O / 32.30000°S 18.31667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Cederberg |
Oppervlak | |
• Totaal | 3,76 km2 (1,45 vk. myl) |
Hoogte | 5 m (16 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 525 |
• Digtheid | 410/km2 (1 100/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.5% |
• Indiërs/Asiërs | 1.4% |
• Bruin mense | 60.1% |
• Swart mense | 30.6% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 74.7% |
• Xhosa | 17.1% |
• Engels | 4.0% |
• Ander | 4.2% |
Poskode (strate) | 8110 |
Poskode (posbusse) | 8110 |
Skakelkode | 022 |
Die Bobbejaansberg, op die suidelike oewer van die riviermonding, loop die see in. Die Sishen-Saldanha Spoorlyn loop hier deur 'n tonnel, die Bobbejaansbergtonnel. Die vis en kreef bedryf speel 'n groot rol in die dorpie se ekonomie. Elandsbaai is ook gewild onder branderplankryers.
Die dorpie word met die buitewêreld verbind met die R366-streekroete via Redelinghuys.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Elandsbaai". Sensus 2011.
Bronne
wysig- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Padlangs deur Suid-Afrika. 2010. ISBN 978-1-77007-751-5
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elandsbaai.