Keibroodboom
Plant spesie
(Aangestuur vanaf Encephalartos princeps)
Die Keibroodboom (Encephalartos princeps) is 'n spesie van die genus Encephalartos. Die boom is endemies aan die Oos-Kaap en kom voor in die opvanggebied van die Groot-Keirivier. Die boom groei relatief stadig en word tot 5 m hoog. Die boom is eenslagtig: manlike en vroulike plante is afsonderlike eksemplare. Die jaarlikse reënval in die gebied waar dit voorkom varieer van 420 tot 520 mm.
Keibroodboom | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Divisie: | Cycadophyta |
Klas: | Cycadopsida |
Orde: | Cycadales |
Familie: | Zamiaceae |
Genus: | Encephalartos |
Spesie: | E. princeps
|
Binomiale naam | |
Encephalartos princeps R.A.Dyer, (1965)
|
Die boom is eers in 1965 deur Robert Allen Dyer as 'n unieke spesie geĭdentifiseer, voorheen is dit as deel van Encephalartos lehmannii beskou. Die plant se FSA-nommer is 12.[1] In Engels staan die broodboom as die Kei cycad bekend.