Knietjiesgras
Knietjiesgras (Eragrostis lehmanniana) is 'n oorheersende grasspesie in die oostelike Nama-Karoo en die westelike Hoëveld. Die reënval in hierdie gebied is 150 - 220 mm per jaar. [1] Die spesie is ook inheems aan Angola, Botswana, Lesotho, Mosambiek, Namibië, Zambië en Zimbabwe. [2]
Knietjiesgras | |
---|---|
Knietjiesgras in die VS | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Klade: | Commelinids |
Orde: | Poales |
Familie: | Poaceae |
Genus: | Eragrostis |
Spesie: | E. lehmanniana
|
Binomiale naam | |
Eragrostis lehmanniana Nees
| |
Sinonieme | |
|
Dit is sedert ongeveer 1930 'n ingeburgerde spesie in die suidweste van die Verenigde State.[3] Dit is daar 'n indringerplant wat inheemse grasspesies soos Trichachne californica verdring.[4] Dit is ook in droë dele van Brasilië, Argentinië, Venezuela en Indië ingevoer.[5] Die word vir beweiding as voedsel vir beeste en ander diere gebruik, maar omdat dit 'n uitgebreide wortelstelsel het, ook vir die beheer van erosie.[6]
Die meerjarige plant word 45-61 cm hoog en die halme is amper regop. Die blare is kort, ongeveer 1,5 mm breed en 5-15 cm lank.[4]
Landbou
wysigDie beweidingskapasiteit is taamlik goed
EIW | SWIW | LnregWIW | |
---|---|---|---|
Weidingsindekswaarde[7] | 7 | 5.4 | 3.24 |
Verwysings
wysig- ↑ Climatic and edaphic conditions at Eragrostis lehmanniana Nees sites in Arizona, USA and the Cape Province, RSA and potential seeding sites in southern Africa J.Grassl.Soc.South.Afr. (1989), 6(3) 139.
- ↑ https://powo.science.kew.org/taxon/urn:lsid:ipni.org:names:322546-2
- ↑ "USDA" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Desember 2019.
- ↑ 4,0 4,1 "texas invasives" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2015.
- ↑ "Cabi" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2017.
- ↑ "granite seed and erosion control" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2016. Besoek op 15 November 2016.
- ↑ P C V du Toit Objektiewe weidingsindekswaardes van Nama-Karoo plantegroei: grasse en bossies van die Karoo.