FC Astoria Walldorf
Volledige naam | Fußball-Club Astoria Walldorf e.V. |
Stigtingsdatum | 15 Februarie 1995 |
Tuisveld | FC Astoria-stadion, Walldorf |
Kapasiteit | 5 000 |
Kompetisie | Oberliga Baden-Württemberg |
FC Astoria Walldorf is 'n sokkerklub uit Walldorf in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland.
Die klub het op 15 Februarie 1995 ontstaan met die samesmelting van 1. FC 08 Walldorf en die sokkerafdeling van SG Walldorf Astoria 02.
Die klub se onlangse suksesse is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Dietmar Hopp, stigter van die sagtewarereus SAP en hoofborg van TSG Hoffenheim. Die borgskap was deel van Hopp se planne om Hoffenheim met Astoria Walldorf en SV Sandhausen te laat saamsmelt as FCH Heidelberg 06 en dan 'n ernstige poging aan te wend om binne die kortste moontlike tyd na die Bundesliga te opmarsjeer.
Die klub se grootste prestasie was om die Verbandsliga Noord-Baden in 2007 te wen en na die Oberliga Baden-Württemberg te promoveer.
Onlangse ligaposisionering
wysig
|
|