Die Fokeng (Suid-Sotho: Bafokeng[1]) is 'n ou etniese stam van Suider-Afrika wat oorspronklik oos van die Maricorivier gewoon het in wat later die Zuid-Afrikaansche Republiek sou word. Tydens die bewind van Diale het die Fokeng hulle teen onderdrukking deur die Hurutshe verset. Later is talle oorloë met naburige stamme gevoer, veral met die Kgatla.[2] Die Fokeng het 'n belangrike rol gespeel in die vorming van die Suid-Sothonasie (Sotho: Basotho).[2]

Oorsprong

wysig

Aangesien die Fokeng nie hul geskiedenis neergeskryf het nie, is min bekend oor hul herkoms buiten wat afgelei kan word uit argeologiese vondse en oorgelewerde mites.[3]

Volgens oorlewering het die drie groot Bantoestamme, die Rolong, Fokeng, en Hurutshe saam gelewe tot en met die 13de of 14de eeu toe hulle paaie geskei het. Die Fokeng en Hurutshe het as bure voortgeleef in Betsjoeanaland, totdat hulle uiteindelik stry gekry het en hul paaie geskei het.[3]

Die Fokeng het uit Betsjoeanaland ooswaarts getrek en hulle tussen die hedendaagse Frankfort en Vrede gevestig. Uitgesonderde groepe het egter suidwaards getrek en is in Khatla, Kuena, en Phuthi-stamme opgeneem.[3]

Teen die begin van die 18de eeu het dele van die Fokeng hulle in Basotholand gevestig.[3]

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. Muller (1968) gee ook "Bafokêng" as skryfwyse aan.
  2. 2,0 2,1 Muller, C.F.J. (1968). Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis. Pretoria en Kaapstad: Academica.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 Walton, J. (1953). An Early Fokeng-Hlakoana Settlement at Metlaeeng, Basutoland. The South African Archaeological Bulletin, 8(29), 3-11. doi:10.2307/3886485