Hannodb
|
Kerkartikels
wysigHaai, Hanno
As jy 'n artikel wil skuif, kan jy op die pyltjie bo regs (langs die "Soek"-balk) kliek en "skuif" kies. Só kies jy slegs 'n nuwe titel vir die artikel en word die inhoud daarvan, saam met die artikel se wysigingsgeskiedenis (welke bydraers wanneer wat bygevoeg het) na die nuwe titel geskuif. As mens die inhoud bloot knip en plak verloor jy die wysigingsgeskiedenis en lyk dit asof jy die "plakker" die enigste outeur is. Dit is nie eerlik teen die ander bydraers nie en ons probeer dit sover moontlik vermy. Ek het dit nou gekorrigeer deur die twee bladsye se wysigingsgeskiedenisse saam te smelt, maar dis nogal ingewikkeld en verloop nie altyd glad nie, dus vra ek jou om asb. in die toekoms die "skuif"-funksie te gebruik - bietjie makliker vir almal! Groete, Anrie (kontak) 09:13, 5 Augustus 2010 (UTC).