Welkom Loekie.

Hallo Loekie, hartelik welkom op die Afrikaanse Wikipedia!
Dankie vir jou belangstelling in Wikipedia. Ons werk hier aan die ideaal van 'n gratis en vrylik beskikbare, vrylik bewerkbare, neutrale en volledige ensiklopedie.
Die Afrikaanse Wikipedia bestaan al sedert Desember 2001 en bevat reeds 120 530 artikels. Vanaf die begin van die projek het die gebruikers 'n aantal riglyne en uitgangspunte vir artikelbewerking en onderlinge samewerking opgestel. Nuwelinge kan hieruit voordeel trek. Jy mag dit behulpsaam vind om van die skakels in hierdie raampie te volg en met die projek vertroud te raak voordat jy begin bydra. Indien jou vingers jeuk om te eksperimenteer, kan jy gerus ons Sandput besoek: dit is juis vir die rede daar. Uiteindelik wil ons dat al ons gebruikers vry voel om hulle gang te gaan, maar dit doen natuurlik geen kwaad om 'n bietjie houvas te kry voor mens in die diep kant in spring nie! Besoek gerus ook ons Geselshoekie, ons gebruikers staan gereed om hand by te sit, of bloot net hand te skud.
Verifieerbaarheid
Die eerste van Wikipedia se drie kernbeleide
Geselshoekie
Die gewilde bymekaarkomplek
Geen oorspronklike navorsing
Die tweede van Wikipedia se drie kernbeleide
Sandput
Eksperimenteer na hartelus
Neutrale standpunt
Die derde van Wikipedia se drie kernbeleide
Redigeringsinstruksies
Hoe maak ek: teks wat skuinsgedruk is? 'n opskrif? tabelle?
Wat Wikipedia nie is nie
Daar is ook 'n paar dinge wat ons nié hier doen nie
Beelde
As jy jou kiekies wil oplaai
Beleefdheid
Ken jou maniere
Wenke vir die skryf van 'n goeie artikel
Soms sê die naam alles

Hierdie bladsy, wat nou op jou skerm staan, is trouens jou persoonlike besprekingsbladsy. Die plek waar ander Wikipediane jou in die toekoms kan kontak en jy hulle dan kan beantwoord. Elke gebruiker het so 'n bladsy. Jy kan dus ook boodskappe op ander gebruikers se besprekingsbladsye los. Sluit boodskappe en besprekings altyd af met ~~~~ of deur op die handtekeningknop in die wysigingsvenster te kliek: sodoende word jou boodskap onderteken met jou gebruikersnaam en die datum en tyd waarop die boodskap voltooi is. Kliek dan as laaste op "Stoor bladsy" om enige bewerkings te stoor.

 Hoop jy geniet jou betrokkenheid hier. --RM 04:46, 16 Julie 2006 (UTC)Beantwoord

Knap gedaan

wysig

Haai Loeie!

Knap gedaan met die onlangse bydraes! Dankie daarvoor. Ek hoop daar is geleentheid om hulle tot groot geïllustreerde artikels uit te brei. Laat weet gerus as jy hulp nodig het met kategorisering of enigiets anders. Groete, Alias 15:10, 28 Desember 2006 (UTC)Beantwoord

Moenie te veel bekommer oor die illustrasies nie, maar vra gerus in die geselshoekie as jy hulp nodig het met kategorisering (of enigiets anders). Vir prentjies, sien gerus die ooreenstemmende Engelse (of ander) artikels. Die Duitse artikel oor Urien het byvoorbeeld heelwat prentjies, wat alles gebruik kan word. Ek hoop jy geniet dit hier en kan die artikels uitbrei sodat dit sommer vinnig voorbladartikels sal wees :-) --Alias 16:31, 28 Desember 2006 (UTC)Beantwoord
 

You have been a medical translators within Wikipedia. We have recently relaunched our efforts and invite you to join the new process. Let me know if you have questions. Best Doc James (talk · contribs · email) 12:34, 2 August 2023 (UTC)