Gereformeerde kerk Graaff-Reinet
Die Gereformeerde kerk Graaff-Reinet is die jongste en naaskleinste van die 12 gemeentes in die GKSA se Klassis Karoo-Kei.
Gereformeerde kerk Graaff-Reinet | ||
Sluit in | Aberdeen Jansenville Nieu-Bethesda Pearston | |
Klassis | Karoo-Kei | |
Huidige predikant(e) | G.M. (Marnix) Boersema | |
Belydende lidmate | 40 | |
Dooplidmate | 8 | |
Adres | Bourkestraat 78 Graaff-Reinet | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 2009 | |
Afgestig van | Middelburg, Kaap | |
Eerste predikant | G.M. Boersema (sedert 2016) |
Die gemeente het in 2009 van die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap, afgestig en sluit buite die hoofdorp, Graaff-Reinet (wie se plaaslike NG moedergemeente reeds in 1792 gestig is), ook die dorpe Aberdeen (plaaslike NG gemeente in 1855 gestig), Jansenville (ook in 1855), Nieu-Bethesda (1878) en Pearston (1859) in.
Terwyl Middelburg, Kaap, se belydende lidmate van 2011 tot 2016 afgeneem het van 122 tot 104 en die dooplidmate van 25 tot 18, het Graaff-Reinet se belydende lidmate toegeneem van 28 tot 40 (43 in 2015) en sy dooplidmate van vyf tot agt (ses in 2015). So was dit vir die gemeente in 2016 moontlik om ’n eie leraar te beroep en het prop. G.M. (Marnix) Boersema die beroep middel Januarie aanvaar nadat prop. B.A. (Banie) van der Walt die beroep op hom uitgebring sowat ’n week vantevore, bedank het.
Op Sondag 13 Augustus 2017 was Bernhard Maurits Boersema, ds. Marnix en mev. Clarinda Boersema, se eersteling die eerste baba wat in die Gereformeerde Kerk Graaff-Reinet gedoop is sedert die kerk 'n selfstandige gemeente geword het. Sy pa het hom gedoop.
Die gemeente se geskiedkundige kerkgebou is geleë by Bourkestraat 78, Graaff-Reinet.
Predikant
wysig- Boersema, Guido Marnix, 2016 – hede
Bronne
wysig- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
Eksterne skakel
wysig- (en) Die kerkgebou, soos te sien op Google Maps. URL besoek op 1 Februarie 2016.